6 Ou Televisie reekse

6 Ou Televisie reekse

6 Ou Televisie reekse wat ons vasgenael gehou het voor die Televisie. Ons kyk na reekse wat in Afrikaans oorgeklank is. In die beginjare van televisie was daar nog nie genoeg plaaslik vervaardigde reekse nie – dus moes dit aangevul word met oorgeklankte reekse wat ook goedkoper was. Ons het nie eers altyd geweet dit was oorgeklank nie so goed was die oorklanking gedoen. Vir hierdie artikel het ek op 6 ou televisie reekse gefokus.

1. Derrick

Hy was ons gunsteling vernuftigte speurder tesame met sy assistent die mooie Harry Klein. Tesame het hierdie twee die een saak na die ander opgelos. Die Duitse reeks het vir 25 seisoene gehardloop vanaf 1974 -1990. Horst Tappert wat Derrick in die reeks gespeel het is in 2013 ontmasker toe dit bekend geword het dat hy aktief in Hitler se Nazi weermag betrokke. Alle “reruns” is onttrek.

2. Die man van Staal

Steve Austin was ‘n bioniese man wat vinniger as die wind kon hardloop. Hierdie reeks is in Amerika gemaak en is daar bekend as die Six Million Dollar man met die akteur Lee Majors in die hoofrol.

3. Alf

Daardie vreemde mens/dier wat eendag van die ruimte af in ‘n doodgewone huishouding beland het. Hy het vir baie pret gesorg. Alf is in Afrikaans oorgeklank en is ‘n Amerikaanse produksie. Die Alf karakter is gespeel deur Gordon Shumway

4. Angelique

Hierdie risque tv reeks is van Frans af oorgeklank in Afrikaans en het laataande op die Televisie gewys. Die reeks is in Frankryk vervaardig en speel af teen die agtergrond van die Franse Revolusie. Kleredrag was uitspattig, die romanse vurig en die drama oorbodig.

5. Heidi

Bekend en gelief in Afrikaans en bekend as Heidi girl of the Alps was ‘n treffer animasie reeks wat oud en jonk voor die kassie gehou het. Hierdie skitter reeks is oorspronklik in Duitsland gemaak.

6. Buck Rogers

‘n Reeks oor karakters uit die ruimte wat in Amerika gemaak is en in Afrikaans oorgeklank is. Dit was deel van Saterdae se kykstof. Gil Gerard en Erin Gray het die hoofrolle vertolk met die Robot Twiki wat vir groot vermaak gesorg het.

5 Comments

  1. Narda

    1 October 2022 at 1:57 pm

    Kan jy dalk ‘Die Tweede Vrou’ onthou? Soek al so lank na dit, maar kry geen inligting nie. Dit het gewys vroeg in die 90’s

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      2 October 2022 at 6:12 pm

      Dit lui nie ‘n klokkie nie. Was heel waarskynlik ook ‘n oorgeklankte reeks. Daar is ‘n lys van al die ou tv reekse ( https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_South_African_television_series) – jy kan gerus deur die lys gaan en kyk of dit daar is – dalk onder die oorspronklike naam. Laat weet tog as jy suksesvol is. Ek sal ook bietjie rond kyk.

      1. Narda

        4 October 2022 at 8:10 am

        Ek het nou net afgekom op ‘n You Magazine van 1992 se tv gids (iemand het dit gepost op Face) en Die Tweede Vrou is gelys op dit. Dit was definitief ‘n oorgeklankte reeks. Probeer vasstel van watter taal dit oorgeklank is.

  2. Amandaskrywer(Aduppie)

    6 June 2022 at 9:51 am

    Heidi was ‘n wenner. Steeds sit dit ‘n glimlag op my gesig

  3. scrapydo2.wordpress.com

    30 May 2022 at 9:04 pm

    Alf, en Heidi kan ek goed onthou. Ek het in beginjare nie TV gehad nie. Naweke by my suster saam met haar kinders na kinder programme gekyk.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.