‘n Terugblik op Bewonderaar klubs
‘n Terugblik op Bewonderaar klubs in Suid Afrika in die dae voor die Internet en voor sosiale media. Amerika is wel die meesters op die gebied van bewonderaarsklubs, maar Suid Afrika het ook sy beskeie deel bygedrae.
Amerika
Bewonderaarsklubs was en is steeds groot in Amerika. Deesdae is die meeste van hierdie klubs egter aanlyn. Jim Reeves is een van die sterre wat egter steeds ‘n papier klub het. Amerika is bekend daarvoor dat hulle ‘n geweldige ophef maak oor enige iemand en selfs enige iets. So het Amerika bewonderaarsklubs vir die Lochness monster, ‘n groot tamatiesous bottel en selfs vir piesangs. Dis nou bo en behalwe bewonderaarsklubs vir enige iemand – van ‘n man wat nie kan sing nie tot groot sterre. Britney Spears se amptelike bewonderaarsklub het in die 90’s gespog met oor die 2 miljoen lede. Elvis Pressley het meer as 50 bewonderaarsklubs regoor die wêreld.
Suid Afrika
Ons is wel nie so obsessief oor ons bekende mense nie, steeds het Suid Afrika ook ‘n paar gewilde klubs opgelewer waarvan Steve Hofmeyr en Jurie Els se klubs baie lede gehad het. Sonja Herold se amptelike klub tel ook onder 1 van die grootstes van sy tyd. Steve was aktief betrokke by sy klub en het jaarliks ‘n kuierdag saam met sy lede gehad. Jurie se klub was genoem ‘n vriendskapsklub en het eksklusiewe dinge vir lede gebied soos byvoorbeeld getekende foto’s. Die sepie Egoli het ook met ‘n aktiewe klub gespog met duisende lede.
Suid Afrika se bewonderaarsklubs was meestal deur die sterre en hulle bestuurders self bestuur en was ‘n ekstra inkomste vir die bekendes. In Amerika was bewonderaarsklubs baie gewild onder elke ran rap en sy maat en was dit algemeen dat daar in gevalle meer as 1 klub vir ‘n persoonlikheid was. Hierdie klubs het onafhanklik van die persoonlikhede gefunksioneer.
Benewens Suid Afrikaanse bekendes het Suid Afrika ook bewonderaarsklubs vir oorsese bekendes gehad. Die uwe Amanda het ‘n Celine Dion en Britney Spears klub vir Suid Afrikaners bedryf. Daar bestaan steeds ‘n Suid Afrikaanse klub vir Cliff Richard en Elvis Pressley. Cliff se klub in Suid Afrika is een van die oudtstes in ons land.
Die nostalgie
In die jare voor die Internet en spesifiek voor Sosiale media was bewonderaarsklubs die veilige kuierplek vir mense wat soos hulle gevoel het oor ‘n bekende se musiek byvoorbeeld. Dit was ‘n plek waar vriendskappe gesmee is. Sommige klubs is meer as 50 jaar oud met lede wat die volle tyd al deel is van die klubs. Klubs was ‘n manier hoe bekendes hulle bemarking gedoen het en die klubs het dikwels voorrang geniet met kaartjies en spesiale aanbiedinge asook spesiaale kuier aande. Alhoewel daar steeds klubs is, is hulle nou meestal aanlyn en eintlik net vir promosie doeleindes. Pos gebaseerde bewonderaarklubs is nou meestal net ‘n herrinnering.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you