Naguil koerant uitgawe 1 van 2022
Naguil koerant uitgawe 1 van 2022 is hier. Ons skop die nuwe jaar af met Bertie en die Naguil mini aanlyn koerant.
Bertie aan die beurt
Welkom terug mense kinders. Ek hoop julle het ‘n goeie tyd saam met vriende en familie gehad en dat die nuwe jaar sal sorg vir baie nuwe boeke, lees maats, fantasie, wonderwerke, vrede en liefde vir die natuur en diere lewe.
Skrywer sêgoed
- Magrietha Marx se gedig Ek gaan skryf sonder ophou … is elkeen van ons.
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
- Bertie is baie opgewonde oor Marinda se kinderkombuis geskryf deur Marinda Engelbrecht. Dis ‘n pret kookboek vir kinders waarin hulle leer om die kombuis te gebruik en te geniet Dis egter nie al nie. Prof Pretzel betower die jonges met pret eksperimente. Whoop whoop.
- Storiewerf is vir al die lees en leergierige kleingoed. In Afrikaans spesiaal vir kinders.
- Maak ‘n draai by Afrifiksie vir fantasie leesstof in Afrikaans.
Stories oor plekke en sy mense
- Tydens die pandemie het baie van ons begin tuinmaak. Voedsel sekerheid is ‘n groot kopseer nie net in die woud waar Bertie bly nie maar orals. Amanda het ook nou begin met ‘n eetbare tuin. ‘n Man op YouTube het dit ‘n stappie verder geneem. Hy het vrugte wat hy in die winkel gekoop het geplant. Die hele proses van koop tot plant en groei is gedokumenteer op sy YouTube kanaal.
- Hier is ‘n artikel wat ons leer oor dorp name soos Hotazel, Nababeeb,Elgin en meer en die korrekte uitspraak. Dit sal die plaaslike mense sommer baie gelukkig maak.
Roep,roep my storie is uit
Ek hoop julle het hierdie eerste uitgawe van 2022 geniet. Tot volgende week. Mooi loop.
Groetnis uit die woud
Bertie
P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you