Almal kan teken

Almal kan teken
One must always draw, draw with the eyes, when one cannot draw with a pencil. – Balthus
Almal kan teken vertel ene Graham Shaw tydens ‘n TED praaitjie. Dit is nie waar nie dink ek so by myself. Ek kan om die dood nie teken nie – nie eers ‘n stok mannetjie nie.So kyk ek die volledige video en siedaar selfs ek kan teken. Dis nou met aanwysing natuurlik.
It is only by drawing often, drawing everything, drawing incessantly, that one fine day you discover, to your surprise, that you have rendered something in its true character. – Camille Pissarro
Daar is baie boeke oor hoe om te teken en ek kan dit identies namaak solank as wat ek die instruksies volg. Verder as dit kom ek egter nie. Dis vir my soos ‘n resep. Gee vir my ‘n resep en ek kan vir jou ‘n Michellin ete voorsit. Alhoewel ek lief is vir kos maak is ek beter met resepte as iets wat ekself uitgedink het – behalwe wanneer dit uit noodweer is.
In spite of everything I shall rise again: I will take up my pencil, which I have forsaken in my great discouragement, and I will go on with my drawing. – Vincent Van Gogh
Ek het geen ambisie om die volgende Van Gogh te wees nie. Daar is net die behoefte om iets eenvoudig te teken. Daarom volg ek die meesters se lesse en leer karakters teken en vermaak my kleinkinders met my nuutgevonde stokperdjie tot groot vermaak. Komieklike visse. Katte met groot ogies en heldergeel sonneblomme.
The first writing of the human being was drawing, not writing. – Marjane Satrapi
So waar as wat padda manel dra. Gedoriewaar.Dit is mos die waarheid so elkeen moes op sy eie manier prentjies teken – dit was die prehistoriese manier van kommunikeer. Daar was geen handleidings nie…
Almal kan teken
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment