Kinder melkskommel

0
(0)

RESEP DEUR

Amanda

OPMERKINGS

Uitgedink vir my kleinkinders

Kinder melkskommel

Ek het hierdie kinder melkskommel uitgedink met my kleinkinders se voorkeure en liefde vir alles wat sjokolade is. Hulle hou daarvan om te help met die voorbereiding van eetgoed dus het ek klein bakkies met lekkernye vir elkeen gegee sodat hulle self die melkskommels kon bou. Die bestanddele is genoeg vir 2 melkskommels. Jy kan egter byvoeg of wegvat soos die kleintjies daarvan hou.

Bestanddele:

  • 500 mℓ volroom melk
  • Sjokolade kits poeier – milo, Nesquik
  • 20 gram baba pienk en wit malva lekkers
  • 4 sjokolade wafer koekies
  • 20 gram splinter sjokolade
  • Sjokolade stroop – die loperige soort verkieslik

Metode:

  • Deel die melk in twee lang glase
  • Voeg 3 opgehoopte lepels van die sjokolade kits poeier by en laat die pret begin
  • Laat die kleintjies mal raak verder. Daar is geen orde of reëls nie.
  • Die sjokolade stroop kan onder in die glas gespuit word en ook bo-oor al die lekkerte
  • Gee vir elke kind ’n strooitjie en ’n lang lepel en sien die vreugde op die gesigte

Wenke:

  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Jy sal die kinders se held wees met hierdie melkskommel. Ja, daar sal sjokolade op die vloer wees, op hulle klere en joue. Wat maak dit saak? Daar is niks wat water en seep nie kan skoonmaak nie

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

5/5

OPMERKINGS

Volpunte vir hierdie Ouma (van die kleingoed)

Reis verder:

  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Begin jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads