6 Maande na my Ma se val

6 Maande na my Ma se val
Dis 6 maande na my Ma se val en wat ‘n avontuur was dit nie! Ons Ma is in die verswakte bejaarde afdeling. Alhoewel sy in die tehuis is het sy wonderbaarlik herstel na die val. Tot so ‘n mate dat sy haarself kan aantrek en tande borsel. Sy kan ook met haar Masserati (loop raam) deur die gange stap en bietjie gaan kuier by ander ou mensies. Dankbaar. God se genade is groot.
Oud word is nie vir sissies nie
Dit was die woorde van oorlede Dr. Chris Barnard en hoe waar is dit nie! Elke dag wat ek die tehuis binne stap besef ek weer hoe kosbaar die lewe is. Iemand wat vanoggend nog tee gedrink het is vanaand in die hospitaal na ‘n val in die badkamer. Die lewe is in ‘n oogwink verby-Pik Botha. Elke dag dank ek die Vader in die Hemel vir sy genade.
Ons het tussen ou mense groot geword – My Ma het in ouetehuise gewerk haar lewe lank.Tog is dit anders wanneer jou eens sterk Ma die ene is wat versorging nodig het.
Ek het baie geleer en ervaar hierdie afgelope 6 maande.
- Elke ou mens wat geval het, het in die aand in die badkamer geval en meestal in donkerte
- Die ou mensies se gesondheid wissel van dag tot dag. Hulle mag vanoggend goed lyk en vanaand lyk of dit die einde is – net om die volgende dag weer vol grappies te wees.
- Verskeie van die ou mensies het kinders en kleinkinders wat oorsee woon en werk en hulle mis hulle geweldig
- Kerk op ‘n Sondag is noodsaaklik. Hulle trek aan vir die diens wat direk vanaf die Moederkerk uitgesaai word na die tehuis se konferensie saal .
- Oues van dae klou vas aan die Here en diegene wat nie na die kerk in die tehuis kan gaan nie luister na RSG se kerkdiens op die radio.
- Hulle praat graag oor hulle lewens, kinders en kleinkinders
- Meeste van hulle wil daar wees en wil nie ‘n las vir die kinders wees nie.
- Soms verskil die ou mensies vanmekaar en maak hulle weer vrede later
- Die dood is ‘n werklikheid en hulle praat oor hulle vrese en ook tevredenheid om in vrede te gaan. Nie een van hulle wil ‘n lang leiding tegemoed gaan nie.
- Daar is ‘n verskil tussen verpleeg personeel en versorgers. Daar is ‘n opgeleide suster en staf verpleegster op elke skof. Dan is daar die versorgers. Hulle is nie opgeleide verpleegkundiges nie en mag nie medikasie toedien nie. Hulle het ‘n kursus in versorging gedoen en werk onder die mediese personeel.
- Die tehuis waar my ma is het 24 uur CCTV kameras met klank in elke kamer, badkamer, gange, eetsaal en die familie mag enige tyd vra om die beeldmateriaal te sien.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Amandaskrywer
5 May 2025 at 8:19 pmJa ou mensies het begrip en baie liefde nodig. Dit help dat my Ma haar lewe lank in ouetehuise gewerk het en ons van ‘n jong ouderdom af die lief en leed van die oues kon deel.
Tannie Frannie
5 May 2025 at 8:33 amBelewenis van die ouderdom is effens makliker as daar ‘n sterk liefdesband tussen ouer en kind is, soos wat ek hier by jou raaklees.
Amandaskrywer
4 December 2025 at 2:40 pmDankie. Ja my ma het vir jare in tehuise gewerk en ons almal word ouer . Liefde en deernis is belangrik in die ouderdom