Spaghetti ala Amanda

RESEP DEUR
Amanda
OPMERKINGS
Spaghetti is my gunsteling dis
Spaghetti ala Amanda

Voila! Geniet ’n heerlike maaltyd. Dis genoeg vir 2 mense so nooi ’n vriendin oor vir Spaghetti ala Amanda en ’n gesellige kuier. Geniet saam met ’n glasie wyn of ystee.
Bestanddele:
- Spaghetti vir 2 mense
- Halwe uie opgekap
- 200 gram beef maalvleis
- 1 seldery vinger in stukkies gesny
- 1 Gerasperde wortel
- 1 pakkie tamatie paste
- 1 geklitste eier
- Basil
- Pietersielie
- Sout
- Pecorino kaas of Parmesan fyn gerasper
- Olyfolie of Canola olie
- 1 Tamatie in klein stukkies opgesny
Metode:
- Frikadelle
- Maak dit heel eerste dit neem ’n tydjie. Sit die oond op 180C en smeer ’n bak met botter
- Sit die maalvleis in ’n mengbak
- Voeg by: gerasperde wortel, 1 eetlepel pecorino of parmesan kaas, sout en peper en tamatie paste.Meng goed en voeg geklitste eier by
- Vorm klein frikadelle en plaas in gesmeerde bak.
- Bak in oond vir ongeveer 30 minute of totdat dit goed gaar en stewig is.
- Nou kan jy solank vir jou ’n lekker ystee ingooi terwyl jy regmaak vir die sous
- Sous
- Braai die stukkies ui in olie tot goudbruin. Voeg die tamatie stukkies en seldery by en roer deur. Sny 2 basilie blare klein en roer deur. Voeg sout by en 1 koppie water. Laat dit stadig prut vir 30 minute. Maak solank die spaghetti terwyl die frikadelle in die oond is en die sous prut.
- Spaghetti
- Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak – onthou al dente
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Bring als bymekaar: Skep 2 opskeplepels van die spaghetti water uit en meng dit met die sous. Roer ’n eetlepel Parmesan by.
- Neem ’n ronde bakkie en sit die spaghetti heel onder. Haal die frikadelle uit die oond. Sit die frikadelle bo-op die spaghetti en gooi die sous oor. Sprinkel ’n teelepel van die pecorino of parmesan kaas oor en versier met Basil en Pietersielie

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
5/5
OPMERKINGS
Lekker!
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment