Boek Resensie: 21 Voices
Boek resensie: 21 Voices


Boek resensie: 21 Voices from Israel and South Africa.
‘n Boek geskryf uit die oogpunt van aktiviste en vryheidsvegters
21 Voices is uitgegee deur Naledi in 2023. Dit beslaan altesame 507 bladsye. Hierdie boek is anders omdat dit spesifiek oor aktiviste gaan. Die manier waarop die boek saamgestel is laat dit voel asof jy deel is van die gesprek. Die boek is in 3 verskillende seksies opgedeel nl.
1. Van stilte tot aksie (3-23)
2. Gesprekke met aktiviste (31-401)
3. Verbind die kolletjies (406-423)
Die res van die boek bestaan uit:
Sleutel terme (424-446)
Mites (447-448)
Notas (449-472)
Erkennings (473-475)
Die onderhoude met die aktiviste is tussen 2015 gedoen vir haar die skrywer se tesis en die boek is geskryf tussen 2020-2022. Daar is dus ‘n groot gaping tussen die onderhoude en die skryf en publisering van die boek.
Die kollig skyn op die aktiviste en hulle gevoelens met die skrywer in die agtergrond. ‘n Hoofstuk is uitgesit vir elkeen van die 21 aktiviste en beslaan 375 bladsye van die boek. Die enigste ander boek waarmee n vergelyking getref kan word is Cutting through the mountain deur Immanuel Suttner (1997) Dit bevat onderhoude met Suid Afrikaanse joodse aktiviste tydens Apartheid. Die verskil tussen die boeke is dat die aktiviste in 21 Voices onbekende gewone mense is terwyl Cutting onderhoude met bekende aktiviste bevat. Cutting is na die einde van apartheid uitgegee terwyl 21 Voices tydens die Israel/Palestina konflik uitgegee is.
21 Voices is eerder emosioneel as feitelik saamgestel.
Die skrywer het die volgende vrywaring gegee: The opinions, findings, conclusions and recommendations expressed in this book are my own and the NIHSS and the National Researched Fund do not accept liability in this regard.
Die aktiviste is baie beinvloed deur Apartheid en spreek hulle skuldgevoelens daaroor uit. Hulle is bekend gestel aan aktivisme by Universiteite, Kolleges, Skole en die World conference on racism. Opvallend van die aktiviste is dat almal aan die BDS Boycott, Divestment, Sanctions (movement behoort en ander organisasies waarvan die name weerhou word. Hulle is nie lone wolf aktiviste nie en word in die media Professionele Aktiviste genoem.
Verskeie van die aktiviste ondersteun die oppressor/oppressed naratief en identifiseer as lings, medium radikaal of radikaal van die politieke spektrum. Meeste van hulle ondersteun die DEI (divercity, equality en inclusitivity) Die aktiviste noem mekaar kamerade en hulle aktivisme die Palestina struggle. Terwyl daar Israeliese en Suid Afrikaanse aktiviste verskyn is daar geen Palestynse stemme nie en dit laat ‘n leemte in 21 Voices..
Die aanval op Israel op 7 Oktober 2023 kort na die verskyning van die boek het baie van die argumente in die boek bevestig of weerle
Soos die vrese van die Israelis, die stereotipering van Palestiniers wat gesien word as bomplanters en terroriste en die eise om Israel te ontwapen. Meer as 3800 Palestynse Hamas vegters het Israel binnegeval en 1200 mense vermoor, verkrag, lewendig verbrand en 251 as gyselaar na Gaza geneem. Nog ongeveer 3000 Palestyne het huise geplunder en gehelp om gyselaars na Gaza te neem.
Moslems en Jode se leef, geloof en denkwyses verskil van mekaar.. Yaya Sinwar het in ‘n onderhoud die verskille gestel: The Israelis value life, we value death.
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment