3 Liedjies wat jy moet hoor

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

3 Liedjies wat jy moet hoor

Soms het ons bemoediging nodig. Dit kan ‘n bybel vers wees, ‘n kwotasie of ‘n lied. Vandag wil ek julle bemoedig met 3 liedjies wat my bemoedig en rustig maak. Ek hoop dit bring ook vir jou vrede. Kliek op die naam van die lied – dit sal jou neem na die video. Weet net jy is nie alleen nie – elkeen voel soms so.

Piet Smit – Die keuse wat jy maak

Piet is een van die christelike sangers met die mooiste stem en musiek. Hierdie lied spreek tot binne jou siel. Luister hierdie pragtige lied terwyl jy die lirieke volg.

As jou geliefdes jou teleurstel, jou vergeet en jou verstoot
En die seer wat in jou hart kom lê voel erger as die dood
As die mense wie jy koester jou sonder meer vermy
En jy alles al probeer het om hul guns weer terug te kry

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
‘n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles om jou donker raak
Lê ware liefde in vergifnis in die keuse wat jy maak

As jou beminde jou verwerp het en jou gees in twee wil skeur
En jy huil jou seerste trane want jou hart is middeldeur
As jou mees intieme sielsgenoot die rug bly draai op jou
En jy staan alleen verwese terwyl wanhoop om jou vou

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
‘n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles om jou donker raak
Lê ware liefde in vergifnis in die keuse wat jy maak

As die vyand teen jou opstaan om te plunder en te steel
En jy sien jou land gaan op in rook, jou mense word verdeel
As iemand wreed en wederegtelik dit gryp waarvoor jy swoeg
En jy finaal wil uitskreeu, genoeg is nou genoeg

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
‘n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles in jou skree vir wraak
Lê ware liefde in vergifnis, dis ‘n keuse wat jy maak

Here leer my kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
Ek kies om ook soos U te sterf dat dié om my kan leef
U liefde is nie maklik nie, dit bly ‘n onbegonne taak
Maar liefde en vergifnis is die keuse wat ek maak
Liefde en vergifnis is die keuse wat ek maak

Laurika Rauch – Alleen

Wanneer die alleenheid my druk luister ek na hierdie besonderse lied

Kyk hoe huil die vensterruit
Saggies val die winterreën
Ek sit hier in die duisternis, ja ek is weer alleen, alleen, so alleen

Digte wolke teen die berg
Bruisende riviere vol
Liefde se skerp klippe word hierbinne rondgerol, alleen, so alleen
Ek is weer alleen

Foto’s en herinneringe
Jy glimlag mooi in elke een
Gister was ons twee nog saam, nou sit ek hier alleen, alleen, so alleen
Ek is weer alleen

Saggies val die winterreën, alleen, alleen, ja ek is weer alleen

Kyk hoe huil die vensterruit
Saggies val die winterreën
Ek sit hier in die duisternis, ja ek is weer alleen, alleen, so alleen
Ek is weer alleen

Alleen so alleen, ek is weer alleen
Alleen so alleen, ek is weer alleen
Alleen so alleen, ek is weer alleen

Ek is weer alleen

Nicholas Louw – Ek’s net ‘n mens

Nicholas is meer bekend vir sy partytjie musiek maar sjoe hierdie lied raak aan jou menswees, ons vrees vir verwerping en ons behoefte te behoort.

Keer op keer vind ek myself in storms waardeur ek
My pad moet vind
En keer op keer is jy die een wat antwoord uit die donker
Dan maak als sin
En elke keer as jy probeer om sterk te wees en trane weg te vee weet ek
Daar’s rede vir die storms ons kan saam die winters deurmaak
Net jy en ek

Ek’s net ‘n mens (Ek’s net ‘n mens)
Ek kry ook seer (Ek kry ook seer)
En ek kan voel jou woorde vloei sag oor my
En heel my weer

Ek’s net ‘n mens (Ek’s net ‘n mens)
Wat bly probeer (Wat bly probeer)
En jy bly saam by my deur die moeilike tye
En ek waardeer
Jou meer en meer

Keer op keer as ek verdwaal dan weet ek jy’s die een
Wat my kom haal
So lank as wat ek asemhaal is jy die een die heel en al
Van my verhaal
En elke keer al kry ek seer is jy weer daar om moed te gee
Ja dit weet ek
Daar’s rede vir die storms ons kan saam die winters deurmaak
Net jy en ek

Ek’s net ‘n mens (Ek’s net ‘n mens)
Ek kry ook seer (Ek kry ook seer)
En ek kan voel jou woorde vloei sag oor my
En heel my weer

Ek’s net ‘n mens (Ek’s net ‘n mens)
Wat bly probeer (Wat bly probeer)
En jy bly saam by my deur my moeilike tye
En ek waardeer

Ek’s net ‘n mens (Ek’s net ‘n mens)
Ek kry ook seer (Ek kry ook seer)
En ek kan voel jou woorde vloei sag oor my
En heel my weer

Ek’s net ‘n mens (Ek’s net ‘n mens)
Wat bly probeer (Wat bly probeer)
En jy bly saam by my deur die moeilike tye
En ek waardeer
Jou meer en meer

Explore/Kuier verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads