Pizza rolle met brood

5
(1)

RESEP DEUR

Internet

OPMERKINGS

Oorsprong onbekend

Pizza rolle met brood

Pizza rolle met brood is ’n goedkoop vinnige middagete vir honger kinders. Die beste van als is dat dit met brood gemaak word. So hier is die resep. Hierdie resep is genoeg vir 6 pizza rolle.

Bestanddele:

  • 6 snye witbrood
  • 100 mℓ gesmelte botter of margarien
  • 50 mℓ mayonnaise
  • 20 mℓ tamatiesous
  • 250 mℓ gerasperde kaas (1 koppie)
  • 6 snye ham
  • Aromat

Metode:

  • Voorverhit oond op 180 C
  • Sny die korsies van die brood af
  • Rol die snye brood met ’n koekroller
  • Meng die mayonnaise en tamatiesous en smeer die brood daarmee
  • Plaas ’n sny ham op elke sny brood
  • Strooi gerasperde kaas op
  • Rol die snye op en plaas op ’n gesmeerde bakplaat met die las na onder
  • Smeer elke pizza rol met die gesmelte botter
  • Strooi Aromat op elke pizza rol
  • Bak in oond tot goudbruin
  • Bedien warm

Wenke:

  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Vervang die vulsel met iets anders soos hoender of oorskiet braaivleis

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

4/5

OPMERKINGS

Wat ’n lekkerte vir jonk en oud!

Reis verder:

  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Begin jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 5 / 5. Vote count: 1

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    21 August 2025 at 5:52 am

    Dis ‘n uistekende resep. Gaan hom beslis probeer sodra ek ‘n oond het.

    1. Amandaskrywer

      21 August 2025 at 7:31 pm

      Probeer dit gerus -dis heerlik. Dit behoort ook in ‘n airfryer te werk.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading