Bestaan konsert etiket nog?

5
(1)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 5 / 5. Vote count: 1

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Bestaan konsert etiket nog?

Bestaan konsert etiket nog? Meer spesifiek klassieke musiek en teater opvoerings. Mense dra nie meer aandklere nie en dit kan ek nog aanvaar alhoewel aandklere in ‘n teater of klassieke konsert ‘n pragtige status gegee het aan hierdie tipe kuns vorms.

Moet als nou toegelaat word?

Is daar niks wat verbode is nie? Onbedagsame mense se selfone lui in die saal en mense praat sommer ook op die verdomde goed. Dis egter nie al nie. Mense bring hulle babas en kleuters saam om ‘n klassieke konsert by te woon. Ek is baie lief vir kinders maar daar is mos darem ‘n plek en tyd vir alles en ‘n klassieke konsert is nie geskik vir ‘n kind nie. Daar was al kere wat ek my hand moes byt sodat ek nie ‘n Ma iets bytend moet byvoeg nie. Die kind kan nie blameer word nie.

Bly by die huis asseblief

Kinders hoort nie by klassieke konserte en meeste teater produksies nie. Jy kan nie van ‘n kind verwag om in doodse stilte te sit nie en ja Mamma ek kan hoor wanneer jy die bottel koeldrank oopdraai of die sjokolade oopmaak vir boetie. Mens kan ook hoor as Mamma vir sussie waarsku om stil te sit – in ‘n 2 ure konsert. Mamma konsidereer asseblief diegene van ons wat die musiek wil indrink en geniet. Jou kinders gaan groot word en dan kan jy ook hierdie dinge geniet. Daar is ongelukkig ‘n tyd wat ‘n Mamma met jong kinders moet terugstaan sodat ander die aand kan geniet

Nataniel het al mense uit die gehoor gejaag wat nie hulle selfone afsit nie. Hy laat ook nie kinders by sy vertonings toe nie. Dis nie om snaaks te wees nie. Die kunstenaar/s sit soveel moeite in hulle produksies en wanneer ‘n selfoon lui, ‘n lekker gebyt word of ‘n kind skree, breek dit die kunstenaar se konsentrasie en gemoedstemming.

Explore / Reis verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 5 / 5. Vote count: 1

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    21 August 2025 at 5:57 am

    Ooo ek kners ook op my tande as sulke onbedagsame mense die program so molesteer. Laurika Rauch het Blou begin sing en wraggies staan een op om uit te gaan om iets te drinke te kry. Sy’t net daar gestop en wou nie verder gaan nie.(dit was in Pietersburg) Dozi het ook ‘n klomp dronk prokureurs behoorlik aangespreek toe hul die liedjies harder sing as wat hy optree.

    1. Amandaskrywer

      21 August 2025 at 7:30 pm

      So goed om weer van jou te hoor. Ek dink dis onbeskof as mense hulle nie kan gedra nie. Laurika Rauch – ook een van my gunstelinge.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads