2024 is verby en 2025 knipoog

0
(0)

Die einde het aangebreek. 2024 is verby en 2025 knipoog vir ons. Elkeen van ons het sy of haar eie vreugdes en seerkry gehad. Wat het vir jou uitgestaan van 2024?

2024 het rof begin en rof tot sy einde gekom

Hierdie jaar was een groot uitdaging vir my familie. Ek en my 2 susters bly wyd uitmekaar en ons Ma (87) is die afgelope 7 jaar in en uit die hospitaal. Sy het die laaste 2 jaar by my suster op hulle plaas in die Overberg gewoon. Ek het die afgelope 2 jaar heen en weer gependel om te help met my Ma se versorging.

In Oktober 2024 het my Ma geval en haar heup gebreek.

Dit het ons onkant betrap. Kort voor kersfees. Vakansie planne moes inderhaas verander word. My Ma is nou in ‘n versorgingsoord in my tuisdorp en terwyl my suster nou weer kan asemhaal na 2 jaar, is Ma nou my verantwoordelikheid. Die kerstyd was uitdagend om die minste te se. Ek sukkel nog om balans te vind tussen Ma, my kleinkinders en my sosiale lewe.

Ellende is orals

My familie se situasie is nie uniek nie. Ander families het ook krisisse wat aandag verg en oorkom moet word. So het ‘n vriendin se man ernstig siek geword in 2024. Hy is vasgekluister aan sy bed en sy moet hom dag en nag versorg. Daar is 2 oorlogte aan die gang en 101 gyselaars is steeds vasgevang in die tonnels in Gaza.

Daar is altyd hoop

Ek glo met my hele hart dat elkeen se krisisse tot ‘n einde sal kom en dat die son deur die donker wolke sal breek. Niks hou vir altyd aan nie. Mag 2025 die jaar wees waar ellende in oorwinning omskep word. Angs met rustigheid vervang word. Sien julle in die nuwe jaar.

Read more

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. Tannie Frannie

    1 January 2025 at 6:23 pm

    Dit is baie moeilik om ‘n mens se sterk ma in ‘n afhanklike mensie te sien verander, en dis eers baie jare later dat mens haar eintlik kan verstaan. Sterkte en seën vir jou en jou susters.

    1. Amandaskrywer

      18 February 2025 at 8:27 pm

      Dankie vir die goeie wense. Dit word opreg waardeer

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading