Hiert jou winkeldief!

0
(0)

Hiert jou winkeldief.! Winkel diefstal is ‘n groot probleem in elke besigheid veral supermarkte. Dis egter nie iets waaraan ons baie dink nie want dit raak ons nie. Dis nou totdat ons dit self beleef. Wag, laat ek julle vertel wat ongeveer ‘n maand gelede gebeur het.

n Doodgewone dag

Elke oggend hou ek stil by die bekende supermark groep in my omgewing. Dis ‘n klein supermark met 2 veiligheids wagte wat beide die supermark en die drankwinkel bedien. Die spesifieke dag het ek soos gewoonlik ‘n paar goedjies in die supermark gekoop en na my inkopies ‘n wegneem ontbyt burger bestel. Die wegneem afdeling is net buite die supermark in die voorportaal. Mense stap heen en weer in en uit die winkel terwyl ons ander in die voorportaal staan en wag vir ons bestelling. Skielik is daar ‘n geraas en almal, ek inkluis verstar.

Hiert jou winkeldief!

Die veiligheids wagte het ‘n vrou tussen 55 en 70 jaar voorgekeer. Sy het haar inkopies in haar hand, handsak oor die skouer. “Wat gaan nou aan vra sy” . Jy moet saam met ons kom. “Hoekom, wat het ek gedoen? Winkel diefstal. Waar kom julle daaraan? Hier is my strokie. Die wagte haal ‘n los pakkie halls pepperminte uit die trollie. Die vrou is in trane en probeer bewend haar selfoon uit haar handsak haal. Niemand van ons doen enige iets nie en staan verstar. Die vrou word die winkel binne gelei. Ek is so ontsteld dat ek net daar in my motor klim en ry – sonder my ontbyt burger.

WAS DIT WERKLIK WINKEL DIEFSTAL?

‘n Maand later wonder ek steeds wat van die vrou geword het. Die verbystering op haar gesig en haar hele ligaamshouding het nie vir my gelyk soos ‘n dief nie. Het sy werklik die pakkie pepperminte gesteel? Of het sy die mente betaal en dit het uit die inkopie sakke geval en los in die trollie beland? Het sy dalk die goed uit die trollie gehaal, dit betaal en nie die pakkie mente raak gesien nie en per ongeluk daarmee uitgestap? Dit mag verdag klink maar iets so klein kan maklik misgekyk word. Veral wanneer jy haastig is of heelwat items in jou trollie het.

Raad, die wet en jou regte

Don’t Let a Slip-Up Land You in Trouble: Navigating Unintentional Shoplifting in South Africa

Prokureurs firma se raad

How to Deal with Accidental Shoplifting

‘n Pa se hofstryd om sy naam skoon te kry na ‘n winkel diefstal klag

Detention of suspected shoplifters

Die wet en jou regte

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading