Reis met kleinkinders

Reis met kleinkinders
Reis storie
Reis met kleinkinders is anders as in die tye toe ek ’n kind was. Ons het meestal per trein gereis. Om die waarheid te sê was treinry ’n vakansie op sy eie. Dit het ons gewoonlik in die winter skoolvakansie onderneem.
Treinry soos ons dit geken het, is nie eintlik meer ’n keuse nie. Alhoewel daar nog privaat treine soos Rovos rail is wat lang roetes ry is dit nie bekostigbaar vir die gewone mens op straat nie.

Dus is die naasbeste keuse die motor
My kleinkinders hou van rondrits – en baklei oor wie voor sit. Daardie probleem is egter vinnig opgelos deur beurte vir voor sit uit te werk en dit werk goed. Hulle geniet dit veral om vêrder as die dorp rond te rits so elke nou en dan pak ons ’n kosmandjie en vat die pad na ’n nabygeleë dorp. Die ene sit dan voor met die gaan slag en die ander wanneer ons terug ry. Die kosmandjie is ’n treffer net soos dit vir ons as kinders was.
Reis met kleinkinders
Hulle noem ’n reis buite die dorp – die lang pad. “Ouma wanneer gaan ons weer reis?” Die kleinkinders seun (9) en dogter (8) het nog nooit trein gery nie. Dit keer hulle egter nie om te reis nie – kosmandjie en al. Wanneer hulle bietjie ouer is, wil ek vêrder as 30 kilometer met hulle reis.
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
No racism, hate speech, explicit language.