Melaatsheid en die verlore verhoudings

0
(0)
indepth

Melaatsheid en die verlore verhoudings

Melaatsheid en die verlore verhoudings. ‘n Siekte wat reeds uit die Bybel se tyd kom het verwoesting gesaai in die lewens van die melaatse en sy familie.

Die Bybel en melaatsheid

Melaatsheid word 68 keer in die Bybel genoem, 55 keer in die Ou Testament en 13 keer in die Nuwe Testament. Die Bybel verduidelik melaatsheid as ‘n vel siekte. Hoogs aansteeklik., onrein en vuil. Melaatses is derhalwe verwerp deur die samelewing.

Die eens gevreesde siekte

Melaatsheid was die siekte wat vrees by menige mens ingeboesem het. Verhale van ledemate wat sonder meer afgeval het, blindheid, verwronge gesigte het van die melaatses uitgeworpenes gemaak. Melaatses is na afgesonderde melaatse kolonies gestuur waarvan Robbeneiland (1846 tot 1931) een so ‘n kolonie was. Die melaatses het in depressie verval en van hulle is kranksinnig verklaar. Ander het selfmoord gepleeg en is op Robbeneiland begrawe.

‘n Noorweegse dokter ene Gerhard Armauer Hansen het reeds in 1873 die bakterie geidentifiseer wat melaatsheid veroorsaak. Hy het egter baie teenstand ondervind wat selfs in hofsake uitgeloop het. Vandag word sy bydrae egter erken en word hy hoog aangeslaan in die mediese heelal.

Plekkie in die son

Bogenoemde boek is deur Ena Murray geskryf en vertel die verhaal van ‘n vrou wat na ‘n melaatse kolonie gestuur word en in die proses moet afstand doen van haar baba. Ena Murray het vir ‘n tyd lank onder melaatses gewoon en met melaatses,hulle vriende en familie gesels en sodoende is haar boek Plekkie in die son op feite gegrond. ‘n Rolprent met dieselfde naam het die menslikheid van die gevreesde siekte na die skerm gebring.

Melaatsheid en die verlore verhoudings

Die slagoffers van die siekte is van familie en vriende geskei en is aanvanklik na Hemel en Aarde in Hermanus gestuur waar hulle in afgesonderheid gewoon het. Meeste van die mense het nooit weer hulle geliefdes gesien nie en selfs nadat die siekte geneesbaar was het baie van hulle verkies om nie terug te keer na hulle vorige lewens nie. Soveel families is van mekaar geskeur en verhoudings is verwoes. Die grafte vertel die hartseer verhale van gebroke harte en verhoudings en ‘n siekte wat lewens verwoes het.

Artikels oor melaatsheid

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading