Welkom Konstabel Spies

0
(0)

Welkom Konstabel Spies

Die lang verwagte antwoord was uiteindellik op die tafel. Ek het by verskeie staats instellings aansoek gedoen. Die soldoedies, lugmag, vloot het my almal afgekeur en my moed het in my skoene gesak. Ek was nog pure kind maar reg vir die grootmens lewe – of altans so het ek gedink. Dis 1983.

Langs my bord is ‘n venster koevert

Met bewende hande tel ek dit op. Vir aandag mej. Spies – dis ekke daai. My hart klop in my keel – die tyd raak min om werk te kry wat as dit weer negatief is. “Lees Ma dit asb.” My Ma tel die brief op. “Juf. Spies ons dank u dat u vir die aansoek. Dit is met genoegdoening dat ons u kan meedeel dat u aansoek suksesvol was”

Welkom Konstabel Spies

Op 9 Januarie 1984 meld ek aan by die Oudtshoorn Polisiestasie. Splinternuwe klere en skoene. Ek het altyd my ouer suster se klere gekry so nuwe klere was ‘n groot ding vir my. My eerste werk. Ek is so opgewonde maar teleurgesteld toe ek hoor dat ek eers in die Polisie kollege die blou Polisie klere gaan kry. Dis dan so mooi.

Die volgende paar dae doen ek sleurwerkies. Gaan haal pakkies by die Poskantoor, pak die stoorkamer reg, speel met ‘n Polisie hond wat nog onder opleiding is. Eintlik hang mens net rond vir ‘n week of twee totdat die nuwe rekrute na Pretoria geneem word vir opleiding. Ek kan my verkyk aan my nuwe omgewing – skielik voel ek baie groot.

Die volgende week of twee is baie besig. Daar is soveel wat gedoen moet word voordat ek op die trein klim. My Ma neem my Trustbank toe om ‘n bankrekening oop te maak – dit voel so onwerklik dat ek nou my eie salaris gaan verdien. So terloops – ek het steeds dieselfde bankrekening met die enigste verskil dat dit nou ABSA genoem word. Ek kry ook nuwe onderklere en ‘n handsak met ‘n beursie vir my eie geld.

Ek is gereed vir my groot avontuur.

Volgende op Polisie stories: Konstabel Spies vertrek Polisie kollege toe.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading