Sago poeding

RESEP DEUR
Ouma Renda
OPMERKINGS
Ons winter Sondag poeding
Sago poeding

Sago poeding. Dis n familie resep – Ma se resep. Ons het groot geword met sago poeding op n koue wintersdag na kerk in Oudtshoorn. Die reuk het ons huis gevul met geure van kaneel en neut.
Bestanddele:
- 250 ml koppie sago
- 500 ml koppies melk
- 2 ml sout
- 2 ml kaneel
- 2 ml neutmuskaat (fyn)
- 80 ml suiker
- 60 ml botter of “baking margarien
- 4 groot eiers, geskei
- 30 mℓ strooisuiker – vir die eierwitte
Metode:
- Week die sago in koue water vir ongeveer 45 minute en dreineer.
- Sit die sago, melk, sout, kaneel en neutmuskaat in ’n groot pot en verhit tot net onder kookpunt terwyl jy aanhoudend roer.
- Sit die deksel op en laat prut op lae hitte totdat die sago heeltemal deurskynend is.
- Roer elke nou en dan
- Roer die botter in terwyl dit nog warm is. Laat dit effe afkoel
- Klits die eiergele liggies en roer by louwarm mengsel.
- Skep die mengsel in ’n oondvaste bak.
- Klits die eier witte saam met die strooisuiker totdat dit punte staan
- Bedek die hele poeding met die styf geklitste eierwitte
- Plaas die bak met sagopoeding in ’n groter bak half gevul met warm water.
- Bak 30-40 minute in ’n voorverhitte 180 grade Celsius oond tot goudbruin.
- Sous – opsioneel
- 40 mℓ strooisuiker
- 100 mℓ fyn appelkooskonfyt
- 30 ml water
- 60 ml suurlemoensap – verkieslik vars uitgedruk
- Sit die appelkooskonfyt, suurlemoen en water in ’n koppie in die mikrogolf totdat die konfyt gesmelt is.
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Moenie die poeding netso in die oond druk sonder om dit in ’n bak water te sit nie – die onderkant sal taai en soos rubber word. Die sagopoeding is genoeg vir 6 mense dus kan jy die resep halveer indien nodig Ons het die poeding altyd warm uit die oond geëet – jy kan dit egter ook koud eet Die poeding is net so lekker met tuisgemaakte vla – warm of koud

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
5/5
OPMERKINGS
Dis ’n eenvoudige dog lekker resep en gevul met nostalgie
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment