Webblad blog sosiale media of aldrie

Webblad blog sosiale media of aldrie. Dit is die groot vraag wanneer jy ‘n aanlyn tuiste skep. Sommige mense verkies om net op sosiale media te wees aangesien dit meer toeganklik en interaktief is. Daar is egter meer en ander moontlikhede ook.

Webblad blog sosiale media of aldrie

Webblad

Meeste vermaaklikheid sterre het ‘n webblad wat basiese besonderhede bevat met skakels na hulle sosiale media toe. Meestal bevat dit geen blog of joernaal nie. Voor sosiale media en voor blogs was ‘n webblad ‘n noodsaaklikheid. Dit het interaktiewe elemente bevat wat die webblad se sukses verseker het. Alles het op die webblad gebeur.

Blogs

Terwyl daar wel interaktiewe elemente op die webtuistes van gister was, het Blogs of webjoernale soos ons dit in Afrikaans noem eers later gewild geword. Dit het in werklikheid verander hoe webtuistes lyk.Weg was die statiese webtuistes en daarmee saam het ouer artikels verdwyn. Die nuutste artikels het op die voorblad van die webblad gepronk.

Sosiale Media

Sosiale media het ‘n enorme verandering teweeg gebring. Dis ingestel op realiteit, vinnig en interaktief. Minder mense het webtuistes besoek. Sosiale media was die nuutste gier.

Webblad blog sosiale media of aldrie.

My Opinie: Daar is nie ‘n definitiewe reg of verkeerd nie. Die groot ding vir my is dat sosiale media nie joune is nie. Dit kan enige tyd weggevat word van jou af en dan is al jou inligting verlore. Ek kan myself net indink wat die skade en trauma gaan wees wanneer jy tonne aanhangers op jou sosiale media het, jy ‘n inkomste daarop verdien en dan speel die maatskappy bankrot.

‘n Veiliger manier sou wees om ‘n domain te koop en ‘n interaktiewe webblad daarop te vestig met ‘n blog en indien jy sou verkies ook ‘n sosiale media teenwoordigheid. Die belangrikste is egter om jou eie webtuiste op te bou. Ek persoonlik hou van die idee van “blogging” saam met jou webblad. Ek hou egter nie daarvan dat die ou artikels so moeilik bekombaar is nie. Dus is my webblad anders uiteengesit sodat elke artikel op die webblad gelys word en maklik gekry kan word. Ek is nie ‘n groot aanhanger van sosiale media nie en dus fokus ek net op my webblad.

Doen wat vir jou werk en goed voel en deel jou idees met ons.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.