Dit breek my hart

Dit breek my hart
Dit breek my hart. Ek wil dit nie graag doen nie. Die tyd het egter aangebreek om ontslae te raak van goed wat voorheen spesiaal was. Ek het alles probeer om dit nie te doen nie. Dis egter nou of nooit. Mens kan nie vir altyd vasklou aan goeters nie.
Dit breek my hart maar ek moet ontslae raak van boeke wat plek opneem in my huis
Verouderde boeke. Studie gidse. Ou Katalogusse, handleidings, jaarboeke, rekenaar boeke. Dit was eens boeke wat ek baie gebruik het en wat nou nie meer ‘n doel dien nie. Goeie maar onbruikbare boeke. Iemand het baie tyd, moeite en kennis ingesit om die boeke te skryf en dit voel nie reg om daarvan ontslae te raak nie. Die realiteit is egter dat hulle net my plek toestaan. Dit help ook nie om hulle na ‘n 2de handse boekwinkel te neem nie – dis verouderd en niemand wil dit eers verniet ontvang nie.
So wat moet mens dan doen met ou boeke?
Boeke is kosbaar. Sekere boeke het nie ‘n verval datum nie. Resepte boeke, Geskiedenis boeke, Godsdiens boeke en so meer. Terwyl ander soos bo genoem wel ‘n beperkte leeftyd het. Daar kom ‘n tyd wanneer hulle dan moet plek maak vir ander boeke.
“If one cannot enjoy reading a book over and over again, there is no use in reading it at all.”
― Oscar Wilde
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment