Wanneer die ondenkbare realiteit word

0
(0)
Wanneer die ondenkbare realiteit word

Wanneer die ondenkbare realiteit word kan mens se hele lewe in ‘n oogwink verander. Dit gaan gepaard met skok, vrees en ongeloof. Vir ‘n oomblik kan dit ons laat versteen en woordeloos laat. Dan skop die oorlewingsdrang in.

Wanneer die ondenkbare realiteit word

In 1995 het ek na ‘n motiverings praaitjie gaan luister van ‘n vrou met die naam Alison. Sy is in 1994 as 19 jarige ontvoer deur twee dwelm verslaafde kriminele. Sy het na ‘n kuier by vriende laataand by die huis gekom en was besig om uit haar motor te klim toe die twee haar gryp. Hulle het haar na ‘n strandgebied geneem waar hulle haar om die beurt verkrag, met messe gesteek en keel afgesny het.

Na die brutale aanranding het hulle gedink sy is dood en haar net daar gelos

Alison het volgens haar bomenslike krag gekry en na die pad gekruip terwyl sy met die een hand haar kop in plek gehou het. Met die ander hand het sy haar derms wat buite haar maag gehang het teen haar vasgedruk. ‘n Verbygaande motoris het haar te hulp gesnel en sy het die aanval bo alle verwagting oorleef. Na die aanval en haar verrassende herstel het sy haar storie regoor die wêreld vertel.

Alison vertel haar storie

Dit was ‘n vol burgersentrum die aand met Alison. Sy het vertel hoe sy geen pyn gevoel het nie. Dit was asof sy ‘n toeskouer was. Onder andere het sy vertel hoe die twee geweldenaars met mekaar gepraat het terwyl hulle haar verkrag en aangerand het. So asof sy nie daar was nie. Dis ‘n aand wat ek nooit sal vergeet nie. Alison se woorde Jy kan nie altyd kies wat met jou gebeur nie, maar dit is jou keuse hoe jy dit hanteer sal my altyd bybly.

Sy het ook vertel hoe sy nie baie gelukkig in haar werk was nie en nie kon besluit wat sy eintlik met haar lewe wou doen nie

Na die verkragting en poging tot moord op haar het sy besluit om haar werk te los en voltyds motivering te doen. Sy wil met haar motivering ander bemoedig en versterk. Alison is ook baie gesog in die mediese wêreld waar daar groot agting is vir die mediese span wat haar gered het nadat sy aanvanklik ‘n skraal kans gegun is op oorlewing. Alison het besluit dat sy nie sal toelaat dat die twee boewe haar lewe steel nie.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    5 July 2022 at 4:50 am

    Ongelooflik dat sy dit oorleef het om te kan getuig van krag en n wil om te lewe.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      6 July 2022 at 6:55 pm

      Sy is ‘n inspirasie voorwaar

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading