As jy val moet jy gou weer opstaan
As jy val moet jy gou weer opstaan anders bly jy op die grond. Hoe langer mens op die grond bly, hoe moeiliker om regop te kom.
As jy val Dan moet jy gou weer opstaan Uithou, aanhou Altyd voortgaan
lirieke uit Wie kan dit verstaan – Danie Botha
Ons was al almal daar op ‘n plek waar ons eerder voel om die duvet oor ons kop te trek. Soms bly dinge verkeerd loop met die een na die ander krisis. Dit voel net of die ellendes nooit gaan ophou nie. (My Ouma het altyd gesê aan alles kom ‘n einde – goed en sleg.)
Ek was ook al daar
My kinders was nog klein en ek was nog besig om daaraan gewoond te raak om enkelouer te wees. In een week het my motor gebreek, so ook die Televisie. My kat is deur ‘n hond verskeur en my geyser het gebars met my hele huis onder water. Finansies was beperk en ek was een mens wat na alles moes omsien – fisies en finansieël. Dit het my 2 dae geneem om dinge onder beheer te kry en ek was gedaan – emosioneel en fisies. My beperkte finansies beroerd.
Die duvet het na ‘n goeie wegkruip plek gelyk – ek het egter 2 kinders gehad om te versorg
Soos in Danie Botha se lied moes ek net eenvoudig weer opstaan, uithou en aanhou. Elke keer wat ek gevoel het na opgee het bybelverse en gebed my gehelp.
As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie. Jesaja 43:2
Daar is altyd uitkoms, soms moet mens ‘n tydjie langer soek daarna – daar is altyd lig na die duisternis
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my. Psalm 23:4
Amandaskrywer(Aduppie)
6 July 2022 at 6:54 pmAg dis lekker om weer van jou te hoor. Dankie vir die kuiertjie
Una
1 July 2022 at 10:37 amEk het lanklaas by jou ingeloer. Ai, ek hou ook van die Danie Botha lied se woorde, Amanda. En ja, dankie tog vir kinders wat mens dwing om tog maar op te staan en aan te hou 🌹