Daar is ‘n storie in elkeen van ons
Daar is ‘n storie in elkeen van ons. Ons storie begin wanneer die saadjie van lewe geplant word – nege maande voor ons geboorte en leef voort in die herinneringe wat ons nageslagte van ons koester.
Oprah
Opran het jare gelede ‘n eksperiment op haar TV program gedoen. Sy het enige iemand uit die groep mense wat haar vertoning bygewoon het uitgewys en gevra om op te staan. Daardie persoon is dan gevra om sy of haar storie te vertel. Dit was soms hartverskeurend en ander kere inspirerend en opbouend. Sy het verduidelik dat elke mens ‘n storie het om te vertel.
“Everybody has a story. And there’s something to be learned from every experience.” – Oprah
Wat doen jy met jou storie?
Sommige mense skryf boeke oor hulle stories. Ander mense leef net hulle stories uit sonder om twee keer daaroor te dink en ander bêre hulle stories vêr weg.
Jou Storie of ander se storie
Dink aan die Ma van ‘n reeksmoordenaar. Sy kan die perfekte Ma wees met ‘n vlekkelose verlede. Haar seun is die krimineel en tog is sy storie nou deel van die Ma se storie en saam met haar seun se storie begin die mense die Ma te teister as die Ma van die reeksmoordenaar. Dit maak dan nie saak hoe wonderlik sy as individu is nie, daar is nou ‘n skandvlek op haar naam en storie. Onregverdig? Iemand anders – in hierdie geval haar seun, het ‘n deel van haar storie geskryf en in die proses veroorsaak dat mense haar veroordeel.
‘n Storie vir die boeke
- Die drank of dwelm verslaafde vertel hulle stories van hoe hulle verslaafdes geword het en dit oorkom het. Baie skryf boeke en wen pryse. Hulle word selfs motivering sprekers en word geloof vir hulle deursettingsvermoë.
- ‘n Kind verwerp haar ouers en vertel die een tranerige storie na die ander van hoe haar ouers haar in die lewe te na gekom het. Sy vertel haar storie op elke radio en tv program. Die ouers bly stil en verdedig hulleself nie. Tog is hulle deel van haar storie en sy is deel van hulle storie.
- ‘n Ma gee haar kind op vir aanneming en wil niks met die baba te doen hê nie. Sy gaan aan met haar lewe terwyl die baba groot word en haar storie vertel van verwerping.
Daar is ‘n storie in elkeen van ons.
Dit maak nie saak wie of wat ons is nie. Elkeen van ons het ‘n storie om te vertel. Goed of sleg. Tog bly ons langs mense, sit in die kerkbank langs ander en ons weet nie van mekaar se stories nie. Tensy ons ‘n boek skryf of ‘n motivering spreker word. Baie van ons dra ons stories stil binne ons weg van die oë en ore van ander.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you