Waar pas die paashaas in paasfees

Waar pas die paashaas in paasfees

Waar pas die paashaas in paasfees? Paasfees is een van die groot Christelike feeste. So hoe op aarde het ‘n paashaas daar beland?

Paasfees

Tydens Paasfees vier ons die opstanding van Jesus Christus nadat hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het. Dit is in werklikheid ‘n vreugdefees. Ons Here het die dood oorwin en opgestaan uit sy aardse graf. Dit is ‘n rede om fees te vier. Midde in die Christelike feesvieringe is die Paashaas en paaseiers. Hoe dan so?

Die paashaas en die eiers

Daar is verskillende weergawes oor waar en hoe die Paashaas en sy eiers inpas. Niemand is egter heeltemal seker van die oorsprong nie.

  • Paaseiers is reeds vir eeue deel van Paasfees
  • Die verf van paaseiers versinnebeeld Jesus Christus se leë graf
  • Vir sommige Christene beteken die Paaseiers ‘n nuwe lewe en hergeboorte
  • In Antieke Griekeland en Rome is die Tempels versier met bont gekleurde eiers.
  • Tydens die Middeleeue was dit verbode om eiers tydens die vastyd voor Paasfees te eet dus is eiers hardgekook, beskilder en bewaar vir Paassondag se feesvieringe
  • Die Paashaas het sy verskyning reeds in die 17de eeu gemaak met die doel om die kinders te vermaak. Daar is vir die kinders vertel dat die Paashaas die eiers versier en wegsteek.
  • In Skotland word eiers hardgekook en gerol as simboliek van die rots wat weggerol word voor Jesus se graf.
  • Verskillende lande het verskillende tradisies rondom die Paastyd wat uniek is aan elke land.

Paasfees in my ouerhuis

My familie het nie die Paashaas en eiers gedoen nie. Ons het Paasfees gevier deur kerk toe te gaan en saam met familie ‘n feesmaal te nuttig. Eers jare later nadat ons al groot was het ons ook begin om paaseiers weg te steek vir die kinders – op ‘n baie klein skaal – nadat ons eers kerk toe is.

2 Comments

  1. Toortsie

    15 April 2022 at 12:21 pm

    Ha, ons gaan ook gewoonlik kerk toe oor Paasfees en eet paaseiers sommer vir die lekker daarvan.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.