Die bybel en kerke
Die bybel en kerke. Moet ons kerk toe gaan om ‘n Christen te wees en hoe moet ‘n kerk lyk? Ek is gedoop in die kerk en het elke Sondag oggend en aand kerk toe gegaan, Kinderkrans en Sondagskool bygewoon. Sondagoggend het ons na ons kerk toe gegaan en Sondagaande na een van die ander NG kerke. Die NG Park gemeente was baie gewild onder die jonges aangesien dit ‘n studente kerk was met die weermag manne en die HTS skool se seuns wat ‘n groot gedeelte van die plek opgeneem het. Die Moeder gemeente in Oudtshoorn was weer in die dorp en na kerk het ons “window shopping” gaan doen. Kerke, die Bybel en Christenskap was vir my een konsep. Onafskeibaar van mekaar.
Wat sê die Bybel oor kerke?
Die Bybel praat van die huis van die Here en dat ons eerbiedig moet wees. Daar staan egter niks van die kleur, die argitektuur of die ligging nie.
Kerk is orals
Effesiërs 1:22-23 sê, “God het alle dinge onder Sy beheer gestel en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. Die kerk is Sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul”
Deur die jare het my konsep van kerk baie verander en het ek tot die slotsom gekom dat dit nie van jou ‘n beter Christen maak om kerk toe te gaan nie. n Fisiese kerk is steeds vir my heilig en kosbaar en ‘n plek waar ek kan stil word.
Wanneer ‘n fisiese kerk nie ‘n opsie is nie
Met die uitbreek van die oorlog in die Oekraine was dit opmerklik hoe die mense na die kerke toe gestroom het. Twee weke later is die kerke saam met die mense onder aanval van die Russiese magte. So waar is hulle kerk nou? Daar waar hulle is in die ondergrondse bunkers, op vlug tussen die koeëls wat oor hulle koppe vlieg en in hulle harte. Die kerk is waar jy is.
Una
12 March 2022 at 2:29 pmEk en my manlief is getroue kerkgangers. Maak nie regtig saak waarheen ons kerk skuif nie, ons daag op. Ter verduideliking, ons is in ń charismatiese gemeente wat sale by besighede huur, daarom dat ons kerk soms trek. Gaan vir ons oor die saamkom van mense met wie ons ń pad stap, om saam te “worship” en saam na God se Woord te luister. Mal daaroor.🌺
Amandaskrywer(Aduppie)
14 March 2022 at 7:32 pmEk hou ook van die samehorigheid. Niks kom vir my by ‘n fisiese kerk nie. Toe my kinders tieners was het ons ook Charismaties gedoen. Nou geniet ek meer die ou tradisionele kerk.