Volkoring gemmer koekies

RESEP DEUR
Ou huisgenoot
OPMERKINGS
M.P. Opperman – oorspronklike resep
Volkoring gemmer koekies

Hierdie resep kom uit ’n ou Huisgenoot van toentertyd. Volgens die persoon wat dit ingestuur het ene M.P. Opperman kom dit oorspronklik uit Engeland. Haar tannie het 32 jaar lank vir ’n Joodse gesin huisgehou en dit was ’n gunsteling onder die gesin. Ek het die resep hier en daar so bietjie aangepas.
Bestanddele:
- 5 x 250 mℓ volkoringmeel
- 3.5 mℓ sout
- 20 mℓ fyn gemmer
- 20 mℓ kremetart
- 7.5 mℓ bakpoeier
- 10 mℓ koeksoda opgelos in 2 teelepels wit asyn
- 250 mℓ bruinsuiker
- 225 mℓ treacle suiker
- 225 gram gouestroop
- 338 gram botter of baking margarien
- 2 ekstra groot eiers geklits
Metode:
- Voorverhit oond tot 180 C of 350 F
- Spuit groot bakplate met kleefwerende middel
- Meng die meel, sout, gemmer, kremetart en bakpoeier in ’n groot mengbak saam
- Smelt die suiker, gouestroop en margarien oor lae hitte in ’n dikboomkastrol
- Roer heeltyd sodat dit nie aanbrand nie.
- Verwyder van hitte en laat afkoel.
- Voeg die koeksoda en asyn mengsel by die suiker mengsel
- Voeg geklitste eiers by en meng goed
- Gooi die suiker mengsel by die droë bestanddele en meng goed
- Rol klein balletjies en plaas so 8-10 cm uitmekaar op die voorbereide bakplate
- Moenie plat druk nie
- Bak 10 minute lank of totdat die koekies bruin bo en gaar is.
- Verwyder van bakplaat en laat afkoel op ’n draadrak
- Lewer ongeveer 80 koekies
- Bere in lugdigte houer of outydse koekieblik
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Dollie die koekies op deur hulle op n mooi bord te bedien
- Die koekies versprei op die bakplate en loop soms in mekaar vas. Sny dit vanmekaar wanneer dit uit die oond kom terwyl dit nog warm is.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
5/5
OPMERKINGS
olkoring gemmerkoekies se voorkoms lyk nie so aanloklik nie, maar hulle proe en smaak uit die boonste rakke
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment