So ry die trein na Rhodesia

0
(0)

So ry die trein na Rhodesia

So ry die trein na Rhodesia. Ek was 11 jaar oud toe ons met die trein gery het Rhodesia toe wat nou bekend staan as Zimbabwe. Dit was ’n avontuur wat ek steeds onthou.

Dit was tydens die Julie skoolvakansie wat ons die lang treinreis met groot geesdrif aangepak het.

Ons het van Kaapstad stasie vertrek om die Victoria Watervalle te besoek. Soos altyd was die treinrit net te lekker. Die eerste aand op die trein het dit gereën en het ek rustig aan die slaap geraak. Dis die lekkerste ding om trein te ry wanneer dit reën.

Die tweede aand op die trein het ons die laaste padkos verorber en tot laat die donkerte ingestaar en met elke stop by ’n stasie by die vensters uitgehang soos vlermuise. Ons het moeilik aan die slaap geraak met al die opwinding.

So ry die trein na Rhodesia

My Ma was eerste wakker en sy het badkamer toe gegaan.“Ons is nou oorgehaak en op die Rhodesia lyn gesit” het sy opgewonde vertel. Die kelner het sy opwagting gemaak met stomende koffie en hy het die Rhodesia uniform aangehad. Nadat ons by die stasie gestop het, het ’n huurmotor ons na die Watervalle geneem waar ons die almag van God se natuur eerstehands ervaar het. Ek onthou nog hoe sopnat ons was na die tyd.

Ons het ook in Suidwes-Afrika (Namibia) ’n draai gaan maak voordat ons weer met die trein teruggery het. Wat ’n avontuur en ervaring om met die trein te ry en by ons suster lande ’n draai te gaan maak. Bon Voyage!

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading