Praaitjies in geselskap

0
(0)
praaitjies in geselskap

Praaitjies in geselskap wentel van wêreld dinge tot persoonlike goeters en meestal is die praaitjies wel net lekker geselsies. Dit gebeur egter dat sommige vrae of praaitjies ander seermaak en ontstel en te dikwels gebeur sulke dinge waar mense teenwoordig is wat nie omgee hoe hulle sienswyses en vrae ander raak nie.

PRAAITJIES IN GESELSKAP KAN SEERMAAK

Eenkeer tydens ‘n selgroep is daar ‘n bybelvers gelees oor homoseksualiteit en tot my verbystering het een van die vrouens (‘n jong ma met 3 kinders) haar mond goed uitgespoel oor die onderwerp. Sommige mens (ingesluit ek) het stilgebly terwyl ander saam gepraat het. Een vrou het kort na die gesprek verskoning gemaak en gery.

DIE ONTNUGTERING

Die volgende dag het ek besluit om die vrou wat vroeg huis toe is te besoek. Ek het net ‘n aanvoeling gehad dat iets nie reg was nie en dit was toe so. Die vrou het in trane uitgebars en vertel dat haar seun onlangs bekend gemaak het dat hy gay is en sy wou dit die aand met ons by die selgroep deel vir ondersteuning toe die onaangenaamheid gebeur het. Ek het haar onverskoning gevra dat ek die aand stilgebly het. Nodeloos om te sê het die vrou nie weer teruggegaan selgroep toe nie.

Lees gerus hierdie ma se storie

WANEER GAAN JULLE MET ‘N GESIN BEGIN?

Bogenoemde vraag is seker een van die mees onsensitiefste vrae wat mens vir enige vrou kan vra en ja ongelukkig het ook ek in hierdie slaggat getrap. Jare gelede as ‘n jong ongetroude vrou het ek die vraag vir ‘n kollega gevra wat al 6 jaar getroud en kinderloos was en die vrou het in trane uitgebars en vir my geskree: Ek wens julle wil ophou om dit te vra. Ek kan nie kinders kry nie en my man wil nie kinders aanneem nie so ek gaan NOOIT kinders hê nie. Wel, van daardie dag af het ek nog nooit weer so iets vir ‘n vrou gevra nie.

Lees hierdie worstel verhaal van ‘n kinderlose vrou

ONSENSITIEF MAAK SEER

Mens hoef nie doelbewus te wees om iemand seer te maak nie, soms is dit vir jou ‘n onskuldige aanmerking of vraag maar vir die ontvanger is dit ‘n baie groot eina.

MET OUDERDOM

Die spreekwoord sê mos nie verniet: Met ouderdom kom wysheid nie. Deesdae is ek baie meer ingestel op ander se gevoelens en vra ek nie vrae wat die potensiaal het om seer te maak nie. Ek het ook geleer om nie meer stil te bly waneer ander benadeel word nie.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading