Spaar die sente

Spaar die sente
Spaar die sente. My Ma en Ouma het ons die waarde van geld geleer.As jy nie die sente spaar nie sal jy nooit ‘n rand hê nie. Elke geldstuk is kosbaar – selfs die kleinste ene.
Many people take no care of their money till they come nearly to the end of it, and others do just the same with their time. –Johann Wolfgang von Goethe
Ons is geleer om geld te spaar
Elkeen het ‘n spaar bussie gehad waarin ons kleingeld en verjaardag geld gespaar het. Dit was spaar bussies wat net deur die bank oopgesluit kon word. Die opwinding was groot wanneer ons elke einde van die jaar na die bank toe gegaan het. Daar is die bussie oopgesluit en kon ons in verwondering ons sente tel om te sien hoeveel ons gespaar het. Die geld is dan vasgemaak en ons kon iets spesiaal daarmee koop of dit in ons Poskantoor bank boekie deponeer.
En toe word ons groot
Skielik maak ons nie meer sente bymekaar nie – dis nou note. Ek voel groot met my eerste salaris tjek en blaas alles binne 2 weke en leer gou dat selfs al verdien jy ‘n salaris kan die geld ook opraak. Die laaste paar dae voor my volgende salaris inbetaling krap ek in die laaie en baadjie sakke opsoek na sente. Daarna gaan dit weer beter want ek sien sente het waarde.
It’s not how much money you make, but how much money you keep, how hard it works for you, and how many generations you keep it for. –Robert Kiyosaki
Spaar die sente
Baie mane later besef ek daagliks die waarde van elke sent. Ek maak hulle bymekaar en spaar dit in ‘n glas bottel. Elke nou en dan tel ek die sente uit en koop ‘n paar kouse of ‘n Lindt sjokolade daarmee. Steeds voel ek trots daarop wanneer ek die sente vasmaak by die Kafee. Geen sent word vermors in my huis nie.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment