Kokke het ook soms kitskos nodig

0
(0)

Kokke het ook soms kitskos nodig

Selfs die beste kokke moet soms ’n noodplan maak. Ja, Kokke het ook soms kitskos nodig. Almal was al in die posisie dat hulle onverwags gaste kry en dan moet die kok van die huis bontstaan om die honger magies vol te maak.  Dit het ook al gebeur dat jy reeds die motor gebêre het en dan besef jy het vergeet om byvoorbeeld tamaties te koop.

Huis kokke soos ek roem graag daarop dat ons alles van begin tot einde aanmekaarslaan

Ek moet egter bieg. Selfs ek moes al kitskos uit my spens gaan haal om voor te sit aan gaste. Oja ek het ’n klompie items in my spens juis vir daardie doel en ook vir my kleinkinders wat nie 3 ure kan wag vir ’n gereg of versnapering nie. Met ’n bietjie verbeelding kan jy steeds ’n fynproewer dis voorsit wat jou gaste sal verstom en jou selfbeeld ’n hupstoot sal gee.

Blikkies

In my spens het ek ten minste een blikkie van elke groente en 2-3 blikkies tamatie en uie smoor. Blikkiesvleis soos Bully beef en tuna kan jou vêr bring wanneer jy dit meng met tamatie en uie.

Behalwe soutigheid is dit ook nuttig om ’n blikkie kondensmelk, lang lewe room, blikkies vrugte in jou spens te bêre.

Kits mengsels

Die kitsmengsels kan jou red wanneer gaste onverwags opdaag en dink hulle gaan een van jou fynproewer versnaperinge kry saam met tee. Wel, alles is nie verlore as jy kitsmengsels in jou huis het nie. Kits wortelkoek, muffins, kolwyntjies, scones, selfs koeke en terte. Ek het altyd een van daardie klein pakkies kitsmengsels waar jy net eier, water en olie bygooi binne bereik. Dis maklik om hierdie mengsels op te kikker met appelkooskonfyt, kaas, Bovril, sjokolade en siedaar jou reputasie as super kok is gered!

Meel, poeiers en eiers

  • Bruismeel is die een ding wat elkeen in sy huis moet hê. Dit  kan deel van ’n gereg word met ’n blikkie vleis of vis en ’n eier.
  • Vlapoeier is net so handig om binne bereik te hê vir ’n vinnige nagereg met ’n blikkie vrugte uit jou kas.
  • Eiers kan op sy eie ’n ete wees. Dit kan ook saam met iets anders in jou kas ’n hoofmaaltyd vir vele gaste word.

Kyk uit vir geregte wat spruit uit hierdie skrywe.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads