Sjokolade mousse

RESEP DEUR
Toni Louw
OPMERKINGS
Wenresepte 3
Sjokolade mousse

Sjokolade mousse aka sjokolade blanc-mange is die uitvindsel van Toni Louw en het verskyn in Huisgenoot Wenresepte 3. Ek het besluit om dit te probeer omdat die kleingoed gedurig ’n poeding met sjokolade soek.
Bestanddele:
- 750 mℓ volroom melk
- 50 mℓ Kakao
- 125 mℓ kookwater
- 160 mℓ mielieblom (maizena)
- 60 mℓ witsuiker
- 10 mℓ vanieljegeursel
- Knippie sout
- Gouestroop vir opdiening
Metode:
- Bring die melk tot by kookpunt
- Meng die kakao met die kookwater en voeg dit by die melk
- Gebruik ’n “whisk” om die kakao mengsel te meng met die melk
- Maak ’n pasta aan met die mielieblom, suiker en sout deur dit te meng met ’n bietjie water
- Gooi dit by die kakao mengsel en hou aan om dit te roer totdat dit prut
- Voeg vanieljegeursel by en roer goed
- Spoel n groot poeding bak uit met warm water
- Gooi die warm sjokolade mengsel in die nat bak en laat dit staan vir ongeveer 30 minute sodat dit kan styf word
- Gooi gouestroop oor elke porsie by opdiening
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Kikker die resep op met sjokolade splinters vir ekstra lekkerte. Moenie die uitspoel van die poedingbak met warm water uitlos nie. Dit help dat die poeding nie vassit in die bak nie Die resep is genoeg vir 4-6 mense en kan warm of koud geëet word.
- Die poeding is maklik en vinnig om te maak met relatief min benodighede wat dit ’n plek gee vir nood resepte wanneer gaste onverwags opdaag. Ek het nie van die gouestroop gehou nie. Dit het die poeding te soet gemaak

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
3/5
OPMERKINGS
Die resep is ongelukkig nie geskik vir vries nie
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment