Is outydse waardes outyds?

Is outydse waardes outyds?
Is outydse waardes outyds en oor die muur? Het mense nog ‘n waarde sisteem of is alles nou reg en aanvaarbaar? Wat van etiket? Is daar nog enigsens plek in ons gemeenskap vir goeie maniere, etiket en waardes?
Outydse waardes
Mens hoor gereeld hoe mense sê “ag dis outyds”.Asseblief en Dankie is volgens my goeie maniere en toon respek en verouder nooit nie. Ek het ‘n kleintjie dood aan mense (dis nie net kinders nie) wat nalaat om hierdie basiese goeie maniere te toon. Dan is daar die aanspreekvorme. Dis jy en jou voor en agter. Ek verstaan dat dit algemeen in Engels is maar in Afrikaans is dit disrespekvol om ouer mense as jy en jou aan te spreek. Ek is nie so baie gepla met Meneer en Mevrou nie. Oom en Tannie is aanvaarbaar.
Sedeloosheid
Dit is nogals ontstellend om te sien hoe mense rondslaap sonder enige verhoudings en toewyding aan mekaar. Selfs kerkmense en ouer mense is skuldig hieraan. Dit het nou die norm geword eerder as die uitsondering op die reël. Is daar dan geen waarde sisteem meer nie? Daarmee bedoel ek nie noodwendig godsdienstige waardes nie maar eerder eie waardes.
Etiket
Emsie Schoeman het haar lewe daaraan gewy om ons te leer van etiket. Haal jou arms van die tafel af. Kou toemond, Kruis jou bene wanneer jy sit. Haar boeke staan nou en stof vergader. Deesdae volg min minste hierdie etiket reëls. Daar is gelukkig steeds mense wat soos ek dink en voel. Nataniel. Hy is die toonbeeld van goeie maniere en etiket.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment