Semel beskuit

RESEP DEUR
Ouma Renda
OPMERKINGS
Oorsprong onbekend
Titel:

My Ma of Ouma Renda soos sy algemeen bekend staan bak hierdie semel beskuit al vandat ek ’n klein dogtertjie was. Sy het dit in brood pannetjies gebak en wanneer dit warm uit die oond gekom het, het ons altyd ’n stukkie afgebreek. Dit is dan dik gesmeer met botter wat ingesmelt het in die beskuit. My Ma moes vinnig spring om die beskuit uit te droog.
Bestanddele:
- 250 gram Semels
- 1 kilogram Bruismeel
- 90 gram Hawermout
- 5 ml Sout
- 500 ml Suiker
- 650 ml Melk
- 500 gram Sagte Botter of Margarine
Metode:
- Voorverhit oond tot 180 grade.
- Smeer of spuit bakplate
- Sif bruismeel en sout saam
- Voeg suiker, hawermout en semels by en meng goed
- Vryf botter in en meng goed
- Deel die deeg in bakplate en sprei dit uit.
- Bak vir ongeveer 25 minute lank of tot gaar
- Haal uit die oond en laat afkoel vir 5 minute
- Sny die beskuit in repe
- Draai oond terug tot op 100 grade C
- Plaas beskuit terug in oond
- Draai oond heeltemal af na 1 uur
- Laat beskuit in oond afkoel
- Haal uit en verpak in lugdigte houers of koek blikke
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Jy kan die resep halveer indien verkies

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
5/5
OPMERKINGS
Ouma Renda se treffer beskuit
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Madeleine
5 April 2025 at 12:58 pmJou Langenhoven storie so geniet. Ons het langs die gesloopte Towers in Jan van Riebeeck (Westelikeweg) gebly. Dikwels Sondae oor die muur geloer as die studente in die graftuin gevry het. My pa was Vroutjie Langenhoven se dokter. Ons het dikwels in Arbreitgenot se tuin gespeel. My boek, DIE HUIS OP DIE HOEK, wat Mei verskyn is fiksie oor die mense van Oudtshoorn en ook oor die hangbrug.
Amandaskrywer
6 April 2025 at 10:08 pmLangenhoven het soveel mense in Oudtshoorn aangeraak. Wat ‘n voorreg om deel van Langenhoven se stories te wees en in sy tuin te kon speel as kind.Kosbare herrinneringe. Jou boek klink belowend. Jy is welkom om vir my ‘n e-pos te stuur met al die besonderhede. Dankie vir jou saam gesels