Ek kan nie slaap nie

Ek kan nie slaap nie. Slapeloosheid na menopause of selfs vroeër as dit. Jy klim 10 uur saans in die bed net om rond te rol totdat jy eindelik 3 uur in die oggend aan die slaap raak en doodmoeg 8 uur met jou dagtaak begin.
Voordat ek kinders gehad het kon ek enige tyd en enige plek aan die slaap raak sonder enige probleme.
Met die kinders se koms, was ononderbroke slaap ‘n luukse. My jongste kind was niks lief vir slaap nie en het 2 uur soggens nog geen teken van vaak getoon nie. Brahms se slaaptyd musiek het haar laat kraai van die lag. Selfs aan die slaap sus het nie goed gewerk nie. Na 2 ure van sus en slaap liedjies sing was die ogies nog wawyd wakker.
Gelukkig gaan selfs slegte tye verby.
Uiteindellik het die tyd aangebreek dat albei kinders deurgeslaap het. Salig. Nou was my tyd om verlore slaap in te haal. O gaats! Dis toe nie so eenvoudig nie. My ou slaappatrone wou net nie weerheeltemal terug keer nie. Ten minste 3 keer in die nag sou ek wakker skrik om badkamer toe te gaan. Dit was egter relatief maklik om vinnig weer aan die slaap te raak en wanneer ek saans in die bed klim en die lig afsit, sou ek binne ‘n paar minute in droomland wees.
Dis nou totdat ek menopause bereik het
Warm gloede was nie die enigste of selfs ergste hekkie om oor te spring nie.Slapeloosheid het sy intrek geneem en hierdie keer sonder kinders. Soggens sou ek doodmoeg opstaan, saans moeg gaan slaap. Dit het maande so aangehou. Ek het nie op hormoon behandeling gegaan nie en het ook nie medikasie teen slapeloosheid oorweeg nie. Nie ‘n voorstaander van sulke hulp middels nie. So ek het begin soek na natuurlike oplossings.
Daar was verskeie opsies
- Geen cafeine na 4 in die middag nie – dit het ‘n geringe uitwerking gehad.
- Sny sjokolade uit – dit het nie lank gehou nie.
- Doen yoga voor slaaptyd – dit het my ontspanne gemaak maar nie my slaap probleem opgelos nie
En toe ontdek ek reën.
Dit was onverwags. Dit het die aand heerlik gereën en toe slaap ek bykans deur behalwe vir 2 keer wat ek moes badkamer toe gaan. Was dit dalk net toevallig? Weke het verby gegaan voordat dit weer gereën het en daar gebeur dit wraggies weer. Nog ‘n rustige nag. Dit was wonderlik. Net daar kry ek toe die idee om reën af te neem en dit te speel op aande wanneer dit nie reën nie. En toe werk dit. Natuurlike doepa teen slapeloosheid.
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment