Portugese in Suid Afrika

Portugese in Suid Afrika

Portugese in Suid Afrika is net soos ons Afrikaners deel van die verskillende kulture wat hier ‘n tuiste vir hulle families gevind het. So hoe het hulle hier beland? Dis waaroor ons vandag gaan gesels.

Bartolomeu Dias enVasco da Gama

Jare gelede in 1497 het hierdie seevaarders elkeen op ‘n boot geklim en die Kaap van Storms beleef, ontdek en kruise geplant. Hulle het ander Portugese aangemoedig om ook na Suid Afrika toe te kom. Verskeie Portugese het die aanbod aanvaar en ook op ‘n boot geklim en hier ‘n tuiste kom maak met die doel om besighede te vestig en handel te dryf. Nog Portugese sou volg.

Die Portugese kolonies

In 1975 het die Portugese kolonies van Mosambiek en Angola onafhanklikheid verkry en terwyl verskeie terug is na Portugal het duisende swart en wit Portugese na Suid Afrika gekom en aangesluit by ander aan die Suidpunt van Afrika. In 2010 het die Portugese 300 000 van die totale bevolking in Suid Afrika uitgemaak.

Portugese in Suid Afrika

  • Meeste Portugese Suid Afrikaners is Christene waarvan die meeste aan die Rooms Katolieke kerk behoort.
  • Hulle gunsteling sport is sokker en daar is verskeie sokkerklubs wat aan Portugese Suid Afrikaners behoort.
  • Die Portugese gemeenskap is baie betrokke in die besigheidswêreld asook in die Politiek
  • Verskeie afstammelinge van die oorspronklike Immigrante woon en werk steeds in Suid Afrika
  • Die Portugese gemeenskap hou elke jaar ‘n Portugese fees naamlik Lusito Land

Prominente Suid Afrikaanse Portugese

  • Fernando Duarte – mede eienaar van Nando’s
  • Jeannie D – TV aanbieder
  • Roger De Sá – voormalige sokkerspeler en ook afrigter
  • Edgar Fernando Ferreira Maia – Gevegskuns
  • Vanessa Do Céu Carreira, Mejuffrou South Africa 2001
  • Mike dos Santos – danser en skrywer
  • Maria Ramos – Barclays Afrika groep Hoof
  • Trevor Manuel – Voormalige Minister van Finansies
  • João Silva – Fotograaf

Die Portuguese Forum is die aanlyn tuiste vir Portugese wat in Suid Afrika woon en werk.

2 Comments

  1. Una

    2 April 2022 at 9:18 pm

    Ek het nou baie hiervan gehou, Amanda. Met ons wat so pas Mosambiek toe getrek het, is jou skrywe so reg in my kraal.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      3 April 2022 at 1:40 pm

      Dankie vir die kompliment. Ek volg jou Mosambiek avonture. Hoop julle gaan dit geniet

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.