Plaasaanval getuienis

0
(0)
plaasaanval getuienis

Plaasaanval getuienis – die wonderwerk storie van Andrew de Vries

Andrew de Vries is die Direkteur van Koelenhof wynkelders in Stellenbosch. Koelenhof is ’n familie besigheid met Andrew as die 3de geslag de Vries in beheer van die wynkelders. Andrew is nie net ’n besigheids eienaar nie, hy is ook ’n Christen. Sy storie is een van wonderwerke, geloof, hoop en liefde.

Sy Christenskap en geloof is tot die uiterste beproef

10 Desember 2021 het feestelik begin. Koelenhof wynkelders se 80ste verjaarsdag vieringe was ophande en almal was in feestelike luim. Daardie aand sou daar ordentlik feesgevier word. Die kelder werkers het gebraai en geskenke is uitgedeel. Andrew was op pad na sy kantoor toe hy ’n netjies geklede tydelike werker gewaar. Hy het hom vriendelik gegroet. Skielik het die man hom bestorm en met ’n mes begin steek. Hy het om hulp geskree en die kelder werkers het hom te hulp gesnel en die man van hom afgetrek.

Andrew is altesame 15 keer met die mes gesteek nadat die aanvaller die ook die veiligheidswag Nkoliseko Temela by die hek aangeval en vir dood agtergelaat het

Die wynmakers het die bloed probeer stop terwyl een van die kliënte met Andrew na die Medi clinic gejaag het. Op pad na die hospitaal het Andrew gevoel hy gaan sterf en probeer bid. Hy het die Onse Vader probeer bid maar kon nie al die woorde onthou nie. Andrew kon net Jesus prewel. Hy het gevoel hoe hy begin wegraak. Eugene (kliënt) het hom wakker gehou en gekeer dat hy sy bewussyn verloor.

Andrew het baie bloed verloor

Hy is 10 keer in die rug, 4 op sy arm en skouer en 1 in sy gesig wat sy kakebeen vergruis het. By sy aankoms by die hospitaal  het alles in plek geval. Daar was ’n mond en kaak chirurg vir sy gesig, ’n Plastiese chirurg, ’n vaskulêre chirurg en ander spesialiste vir sy ander beserings. Andrew se getuienis het hy roerend en baie emosioneel aan Lig vertel.

Daar is soveel meer wat hy gesê het in sy video getuienis – dis rou, emosioneel, kragtig. Dit maak mens bewus van die grootheid van God, ons sterflikheid, God se genade en hedendaagse wonderwerke.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading