Woorde wat misbruik word

Woorde wat misbruik word raak by die dag al hoe meer. Woorde wat eens belangrike mening gehad het en deur deskundiges gebruik is, het nou betekenis verloor. Afgewater deur mense wat hulleself en ander diagnoseer sonder enige of weinige spesialis diagnosis. Self diagnose of Google diagnose dra geen waarde nie. By elkeen het ek die amptelike beskrywing in italics gesit.

Mental disorders aka Psigiese gesondheid

A mental disorder is characterized by a clinically significant disturbance in an individual’s cognition, emotional regulation, or behaviour – World Health Organization

Bykans elke misdadiger beweer dat hy of sy aan ’n geestes afwyking ly. En ’n “episode” gehad het ten tye van die misdaad. Andrea Venter is grusaam vermoor deur haar aan/af kerel Gerhard Jansen van Vuuren. Geestes afwyking was volgens hom die rede vir die moord. Die staat en spesialiste het sy verweer verwerp en hy dien tans ’n lewenslange vonnis uit.

woorde wat misbruik word

ADHD – Attention deficit hyperactivity disorder

A mental health disorder that includes a combination of persistent problems, such as difficulty paying attention, hyperactivity and impulsive behavior. – Mayo clinic
ADD – Attention deficit disorder

Attention Deficit Disorder (ADD) is a term used for people who have excessive difficulties with concentration without the presence of other ADHD symptoms such as excessive impulsiveness or hyperactivity. – LANC UK

ADHD en ADD word byna daagliks misbruik deur ouers wat hulle kinders se swak gedrag probeer verstaan of goedpraat. Wanneer ’n kind stout is word daar dikwels verskoning gemaak vir sy gedrag en probeer hulle dit verduidelik aan die hand van bogenoemde. Meeste van die kinders is nie deur deskundiges gesien en gediagnoseer nie.

Depression

It involves a depressed mood or loss of pleasure or interest in activities for long periods of time. Depression is different from regular mood changes and feelings about everyday life. – World Health Organization

Kliniese depressie is een van die algemeenste vorms van depressie. ’n Psigiater sal na evaluering bepaal of iemand aan depressie ly al dan nie. Wanneer ek hartseer is oor iets beteken dit nie ek het depressie nie.

Racism aka Rassisme

Prejudice, discrimination, or antagonism by an individual, community, or institution against a person or people on the basis of their membership of a particular racial or ethnic group, typically one that is a minority or marginalized. – Oxford dictionary

Rassisme is maklik om toe te dig aan iemand en die teendeel is moeilik om te bewys. Die persoon wat rassisme skree word meeste van die tyd geglo en die ontvanger van die rassisme klag word veroordeel en verloor sy werk. Dink maar aan die Juffrou in Schweizer-Reneke wat in 2019 ’n onskuldige foto geneem en vir ouers gestuur het van kinders se 1ste skooldag. Dadelik is sy as ’n rassis gemerk omdat die foto kwansuis apartheid uitgebeeld het. Die waarheid is egter dat sy die kinders volgens hulle moedertaal gegroepeer het sodat hulle 1ste skooldag nie so stresvol moet wees nie. Sy is later onskuldig bevind in die hof en ’n skriftelike verskoning is in 2024 uitgereik

woorde wat misbruik word

Genocide aka volksmoord

The deliberate killing of a large number of people from a particular nation or ethnic group with the aim of destroying that nation or group. – Oxford dictionary

Die woord Genocide het sy oorsprong na die 2de Wêreldoorlog en die massa slagting van Jode – 6 Miljoen Jode is vermoor omdat hulle Jode was.

“No salvation is possible until the bearer of disunion, the Jew, has been rendered powerless to harm.” – Adolf Hitler 1939

Deesdae word die woord genocide lings en regs rondgegooi en het dit ’n politieke speelbal geword.

Rape aka Verkragting

Rape, unlawful sexual activity, most often sexual intercourse, against the will of the victim through force or the threat of force – Brittanica

Die “me too” gemeenskap het gesê elke vrou moet geglo word wanneer sy sê dat sy verkrag is. Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie. Dit veroorsaak egter dat daar vrouens is wat die woord verkragting misbruik en te dikwels wegkom daarmee.

’n Goeie voorbeeld is toe Amber Heard vir Johnny Depp van verkragting, seksuele molestering en poging tot moord beskuldig het. Johnny se loopbaan en karakter is bykans vernietig. Hy het egter besluit om terug te baklei en vir Amber hof toe gesleep. Amber se leuens het haar kaartehuis inmekaar laat tuimel en Johnny het die hofsaak gewen.

Narcissist aka Narsis

Narcissistic personality disorder is a mental health condition in which people have an unreasonably high sense of their own importance. They need and seek too much attention and want people to admire them. People with this disorder may lack the ability to understand or care about the feelings of others. – Mayo Clinic

Narsis die woord word deesdae so baie rondgegooi dat selfs Psigiaters en Sielkundiges daaroor bekommerd is.

Die verontregte beweer sy ouers, kinders, vriende, wederhelfte is ’n Narsis – volgens Dokter Google. Dit terwyl die persoon wat die bewerings maak dikwels vele geraamtes in die kas het – en ’n halo op die kop. Die ander persoon is die Narsis en die beweerder ’n Heilige en ’n slagoffer.

Bogenoemde is net enkele woorde wat misbruik word vir die aanklaer se eie agenda

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.