Naguil koerant 4 van 2024
Die wêreld rondom ons is deurmekaar en met tye voel dit
oorweldigend. Naguil koerant 4 van 2024 is hier met goedvoel stories en video’s.
Soms moet ons die negatiewe deure toemaak en positiewe deure oopmaak. Die
winter kruip elke dag nader en daar is nog soveel om te doen voor die koue nat
winter weer buite projekte hokslaan.
Ek is ’n beginner tuinier wat nou ook leer hoe om binnenshuis
tuin te maak veral met kruie. Iets soos ’n kombuis tuin waar ek vars kruie kan
kweek vir fynproewer geregte. Dan is daar projekte met die kleinkinders en
papier speletjies om hulle mee besig te hou. Hulle raak nou vinnig groot en ek
sukkel om by te hou. Gelukkig is die Internet daar met idees.
Ons kuier hierdie maand by Koos Kombuis en luister na sy
musiek, doen huis verbeteringe met Ben en Erin, maak heinings mooi en lees
boeke – oud en nuut. Geniet hierdie uitgawe tot volgende keer
Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend
Koos Kombuis
Koos Kombuis is ‘n Suid-Afrikaanse kulturele ikoon. Aktief in verskeie genres, werk hy as rubriekskrywer, skrywer, musikant en kunstenaar sedert die laat 1980’s – geneem van die amptelike webblad van Koos
Skool was vir my baie boring, veral omdat ek myself al op drie leer lees het – van die agterkante van cereal-bokse af.
Koos is gebore in 5 November 1954 en het op baie plekke grootgeword weens sy Pa se vele werke. Hy het van vroeg af belanggestel in lees en skryf. Van weermag na universiteit en Die Huisgenoot waar hy ’n voet in die deur gevind het. ’n Veelsydige musikant en skrywer droom hy nog van daardie een boek wat van hom ’n miljoenêr sal maak. Hopelik ’n wetenskap fiksie boek.
Terwyl ons hierdie maand by Koos Kombuis kuier, luister saam
met my na die meesleurende Lisa
se klavier. Geskryf en gesing deur Koos soos net hy kan. Dis volgens my die
mooiste lied wat hy nog geskryf het. Dit laat my baie dink aan nog ’n Koos –
Koos du Plessis.
YOUTUBER Tom Scott het in 2012 voorspellings gemaak wat volgens hom oor 10 jaar sou gebeur. In 2022 het hy weer ’n video gemaak. Het sy voorspellings waar geword?
- Hoe sal jy daarvan hou om jou volgende vakansie in die Maldives deur te bring? Dit klink idillies nie waar nie? Wag ’n bietjie… Hierdie vakansie plek is 5 meter onder die water. Sien jou daar of dalk nie.
- ’n Goue toilet van R113 miljoen is gesteel uit ’n paleis in Engeland. Nee, dis nie gesteel uit Buckingham paleis nie. Ja, die toilet is 100% in werksame kondisie.
- Ben en Erin Napier is ’n egpaar wat mense se huise herstel en mooimaak. Elke episode is ’n avontuur met baie idees en in hierdie episode word ’n jong meisie se eerste huis omskep in ’n droomhuis.
Oakley is ’n worshond. ’n Bedorwe media sensasie en hy gaan skool toe. Kyk net sy kaskenades.
Tyd vir lekker lag. ’n Hele 8 minute se laggenot. Dinge wat anders lyk as wat dit werklik is. Geniet dit!
Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.
- Tuin drade en heinings kan tog so onooglik lyk. Ek is veral nie gaande oor palisade heinings nie. Dit lyk volgens my baie soos ’n tronk. Kyk net hierdie pragtige video. Dit wys vele idees hoe mens jou heinings kan verfraai. Net vir interessantheid: Die wit hout heinings is nou weer baie gewild met ’n kinkel in die kabel. Die heinings is van plastiek gemaak en nie van hout nie – dus hou dit soveel langer en dit lyk so mooi.
My suster het die boek in my hand gestop en gesê ek moet dit lees. Ek het dit halfhartig gevat. Fiksie is nie eintlik my leessmaak nie. Ek verslind nie-fiksie boeke en tog het die boek op my bedkassie my aandag getrek. Soos Bennie was ek ’n Polisievrou en het Politiek ’n groot rol tydens my Polisie loopbaan gespeel. Ek kon Infanta nie neersit nie. Die boek het my geboei van begin tot einde. Infanta is in 2005 vrygestel en is reeds verskeie kere herdruk. Dis ’n aksie belaaide boek met raaisels om elke draai, verraad, liefde, gesinsprobleme, verslawing, misdaad en Polisie politiek.
Deur die tonnel van twyfel – Koos Kombuis
In hierdie boek gesels Koos oor geloof – die twyfel en ook die soeke na rigting en vastigheid. ’n Plek om te behoort sonder om te versmoor. Hy praat openhartig oor sy eie emosies rondom godsdiens en geloof. Hy noem homself die weeskind van die kosmos. Enige mens kan aanklank vind by die boek – die rebelse tiener, middeljarige soeker, selfs die ateïs en die christen.
Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant. Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.
- Julia Child is vir Amerika wat SJA de Villiers vir Suid-Afrika is. Leer ken die Amerikaanse kos ikoon Julia Child oftewel The French Chef
- Honger kinders en onverwagte gaste? Maak hierdie vinnige mini brooddeeg pizzas en vir poeding ’n goedkoop sjokolade mouse.
MALEAGI 4:6
Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.
Soms sukkel ons om te bid. Die woorde wil maar net nie kom nie. Lees hierdie gebede en dalk is daar woorde wat jou kan help met jou gebedslewe.
Will Harlow is ’n jongman en ’n gekwalifiseerde Physiotherapist wat spesialiseer in mobiliteit vir mense oor 50. Sy video’s leer ouer mense hoe om veiliger te lewe en beserings te vermy.
Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.
- Afrifiksie – vir skrywers van wetenskap fiksie
- Vryskutskrywer – hulp vir opkomende en gevestigde skrywers
- Litnet – artikels, skryf hulp
- Skryfgeheime – skryf kursusse
- ANFASA – Ondersteuning nie fiksie
- Versindaba – Ondersteuning vir digters
- ROSA – roman skrywers SA
- Afrifiksie – wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans
- Publishers Association of South Africa PASA
- Self publish SA – self publikasie
Sela boeke – hulp en ondersteuning self publikasie
Groep7 drukkers – self publikasie
NS. Skrywershuis – self publikasie - Celia van Niekerk – illustreerder
Dianne Shearer – kinder boeke illustreerder
Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you