Ouma is oud

My Ouma is oud vertel my kleinseun nou die dag in die skool en die hele klas skaterlag. Die Juffrou kan nie ophou lag nie en Boeta verstaan nie hoekom almal so lag nie.
Dit het alles so onskuldig begin
Boeta moet ‘n projek vir die skool doen. Hy moet mondeling praat oor ou goed – ouer as 20 jaar. Elkeen moet iets oud skool toe bring en dit dan demonstreer en daaroor gesels. Dan word dit in die mobiele museum gesit vir ‘n dag of twee. So maak ek vir hom oudhede bymekaar sodat hy daaruit kan kies. Hy is egter nie baie ingenome daarmee nie.
Na ‘n argument en dreigement of twee besluit hy op ‘n video masjien met video kasette
“Dis stupid goed” mor hy oppad skool toe. Die ander kinders het ou kombuisskale, porselein poppe, ou medisyne bottels en nog meer. In die tussentyd is ek tuis doenig en my dogter besig by haar plek toe sy ‘n boodskap van die juffrou ontvang. Sy wil net vir my dogter vertel van my kleinseun se briljante plan vir mondeling.
Boetie se mondeling tyd breek aan
Wat het jy om vir ons te wys? Vra Juffrou belangstellend. Ag Juffrou dis sommer ‘n simpel ding. “Wil jy liewer oor iets anders praat? Ja asseblief Juffrou. “Nou waaroor wil jy dan praat? Juffrou my Ouma is oud – sy is 60 jaar oud. Dis baie oud. My Ouma het wit hare en haar vel is vol kreukels. Sy hou van koekies bak saam met ons. Kan ek haar skool toe bring en dan kan sy in die museum sit? En net daar kan die Juffrou nie meer haar lag inhou nie. Volgens Boeta het die Juffrou so baie gelag dat sy begin huil het en hy verstaan dit glad nie. Hy was dood ernstig.
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment