Naguil koerant uitgawe 2 van 2022

naguil koerant

Naguil koerant uitgawe 2 van 2022 is nou op die webblad beskikbaar met Bertie as jou gasheer. So skop uit jou skoene en geniet die koerant.

Bertie aan die woord

Goeie dag mense. Hierdie week was ek baie besig in die woud om die biblioteek reg te kry vir die nuwe skooljaar. Boeke is baie belangrik ook vir die uil families. Ons moet die kleingoed aanmoedig om te lees.

Skrywer sêgoed

Hierdie week vier ons die woorde van Dana Snyman

  • “Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het – as jy ’n betekenisvolle lewe wil lei. Stories is groter as mense.” (Die Burger, 4 Mei 2007)
  • “Ek is seker bietjie snaaks. Half eenkant. Hoe sal mens dit noem – miskien ongewoon? Ek is daai sad ou saans op die highway, want ek dink die beste as ek ry. Soms ry ek Witbank se kant toe. Ek het altyd Warmbad se kant toe gery, maar nou is daar te veel tolpaaie.” (Volksblad, 2 Mei 2005)

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense

Exclusive Books het sy TOP 20 Afrikaanse boeke vir 2021 bekend gemaak. Hierdie boeke was hulle top verkopers vir die afgelope jaar. Onder die skrywers wie se boeke die Top 20 gehaal het is Marita van der Vyver, Nataniël, Rudie van Rensburg en Dana Snyman. En daar is meer.

Stories oor plekke en sy mense

Vir die van julle wat hou van sosiale media is hier ‘n suksesverhaal. Chané Grobler is ‘n Suid Afrikaner met 2.4 miljoen volgers. Sy vertel hoe sy dit reggekry het en hoe sy die boelies op die Internet beheer.

Roep,roep my storie is uit

Dankie vir die saam kuier. Tot volgende week. Mooi loop.

Groetnis vanuit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.