Diere kinders se lief en leed
Diere kinders se lief en leed. Wanneer jy omgee vir diere is jou troeteldiere meer as net ‘n kat of hond. Hulle is deel van jou familie. Van die oomblik wat jy daardie weerlose dingetjie in jou arms vashou totdat jy sy poot vashou wanneer hy sy engel vlerke kry.
Die engel was hier vandag
Vandag was weer sulke tyd. ‘n 15 jarige Jack Russel is vandag honde hemel toe. Dit het al vir ‘n geruime tyd nie goed gegaan met Teddy nie. Sy het nie meer ‘n kwaliteit lewe gehad nie. Elke dag het sy verder weggekwyn totdat die besluit geneem moes word om haar te laat gaan. Dis egter nooit maklik nie.
In my erf is menige diere graffies. Elkeen van hulle het ‘n plek in ons harte. Ons sal steeds praat oor hulle. Daar is foto’s. Die katte: Whoopie vergiftig, Melkie dood gery, Beertjie wat vergiftig is. Die honde Monica wat voor my oë doodgery is. Sy was net 5 jaar oud. Spikkels my Yorkie het 22 jr oud geword en my skaaphond Lucy. Haar heupe het ingegee en sy kon nie meer loop nie.
Diere kinders se lief en leed
Meeste van my diere het ek as baba’s gekry behalwe Spikkels. Sy was ‘n mishandelde hond wat ek gered het. Millie my enigste troeteldier tans het ek op die vullishoop opgetel toe sy 5 weke oud was. Ek en sy is baie naby aan mekaar. Ons het net mekaar. Millie hou nie van kinders nie en kruip weg wanneer hier kinders kom. Die twee van ons gaan stap elke dag en spandeer baie tyd in mekaar se geselskap. Haar lojaliteit en liefde vir my laat my hart warm en vinniger klop. Elkeen van my diere het ‘n spesiale plekkie in my hart. Elkeen se persoonlikheid was uniek. Froggie het die mens toilet gebruik en die honde gejaag terwyl Spikkels my heeltyd beskerm het teen alles en almal.
Diere kinders is kosbaar.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you