Hoekom mens kinders kry wanneer jy jonk is

0
(0)
Hoekom mens kinders kry wanneer jy jonk is

Daar is ‘n rede hoekom mens kinders kry wanneer jy jonk is of betrektlik jonk. Wel deesdae is daar al hoe meer ouer Ma’s en dit is nie meer snaaks om vrouens te kry wat eers op 40 of ouer begin met kinders nie. Ek het geen ondervinding van ‘n Ma word op daardie ouderdom nie. Ek het op 20 getrou en teen 28 het ek twee dogters gehad. Dus kan ek nie my opinie lug oor daardie deel van Ma wees nie.

Ek kan wel my opinie gee oor die vreugdes en moeilike tye om 2 kinders op so ‘n jong ouderdom alleen groot te maak. My man is oorlede toe ek net 28 jaar oud was. Ek het ook betreklik jonk ‘n Ouma geword toe my eerste kleinkind sy opwagting gemaak het toe ek 49 jaar oud was. En dit bring my by die volgende punt.

Daar is ‘n rede hoekom mens kinders kry wanneer jy jonk is

Alhoewel ‘n jong Ma dikwels sukkel om al die balle in die lug te hou en oorweldig voel met al die verantwoordelikhede het sy nog genoeg energie om die vinnige pas vol te hou. En wanneer die kleinkinders begin aankom het sy nog relatief genoeg energie om by te hou met die kleingoed.

Ek praat uit ondervinding

My kleinkinders is nou 6 en 5 jaar oud. ‘n Seun en ‘n dogter. Ek bak en brou saam met hulle, speel saam met hulle en ek en my kleinseun bou goed met hammer en spyker terwyl ek en sussie saam Barbie poppe speel. Soms put hulle my wel uit. Hulle verskil net ‘n jaar van mekaar en die een steek die ander ene aan met onnutsigheid en dan het ek my hande vol met hulle. Hoe ‘n ouer Ma en Ouma byhou gaan my verstand te bowe. Dikwels wanneer die kleintjies huis toe gaan sak ek in stilte op die bank in my deurmekaar sitkamer neer. Pootuit. Twee dae later is hulle terug en het hierdie Ouma weer energie opgebou.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading