My tande raak al hoe minder

0
(0)
my tande raak al hoe minder

My tande raak al hoe minder hoe ouer ek word. Dis ‘n feit en die tandemuis wil hulle nie he nie. Vals tande is my voorland. Eintlik het ek al ‘n paar valstande – net nie ‘n volledige mondvol nie.

My Ma het gewaarsku

As kind was tande borsel nie een van my stokperdjies nie. Dikwels het my Ma die toekoms van my tande voorspel: ‘Jou tande gaan almal uitval as hulle nie wil borsel nie’. Dit wil nou voorkom of sy gedeeltelik reg was. Gedeeltelik dalk – ek het darem nog ‘n klompie oor.

Tandarts besoeke

Die regte ding is om elke 6 maande of ‘n jaar die tandarts te besoek. Aanvanklik was my tande spik splinternuut en sterk soos Popeye. Behalwe dat ek nie toe van spinasie gehou het nie. Sjokolade, Roomys, Koeke en terte was waarvan ek gehou het en my tande moes dit net eenvoudig kou. Geen keuse. Tandarts besoeke was skaars. Kosie Kiem het egter sy intrek geneem en verwoesting gesaai en tandarts besoeke het toegeneem.

My tande raak al hoe minder

Aanvanklik het ‘n stopsel hier en daar die ding gedoen. En toe ‘n wortel kanaal behandeling. ‘n Verstandtand wat getrek moes word. Ironies. Na ‘n paar dekades van verkeerde kosse eet, wil dit lyk of die tandemuis skatryk gaan word.

Die tandemuis

Nee dankie laat weet die tandemuis my. Hy soek gesonde tande. Myne voldoen nie aan sy hoë standaarde nie. Nou toe nou.

Die navolge

Minder tande kom met ‘n prys. Dit neem langer om te kou met minder tande met die dat die bestaande tande nie altyd regoor mekaar sit nie. Dis ‘n rondskuif met die tong om als vas te vang. ‘n Gebit om die vermiste tande te vervang help darem. Ietwat. Nou probeer ek my bes dat My Ma se voorspelling nie ten volle waar word nie anders is ‘n volledige stel valstande my voorland.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading