Naguil koerant uitgawe 16 van 2021

naguil koerant uitgawe 16 van 2021

Die naguil koerant uitgawe 16 van 2021 is hier. Aangebied deur almal se gunsteling naguil Bertie vanuit die woud. ‘n Hartlike welkom aan my lesers.

Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaal muur skuil nie sodat al ons lesers dit kan lees en kyk.

Skrywer sêgoed

Die skrywer Elsabe Steenberg is hierdie week in die kalklig met haar sêgoed.

“Daar is drie dinge wat vir my belangrik is. Eerstens moet ’n mens positief bly, anders vernietig jy jouself en die mense om jou. Die tweede ding wat hierby aansluit, is dat jy elke dag moet konsentreer op dinge wat jou bly kan maak, al is dit net heuning op roosterbrood wat jy eet of iemand wat jou bel en graag met jou wil gesels. Derdens moet jy dankbaar wees, want die wêreld is baie ru, maar God bly in beheer.” (Sarie, 2 Augustus 1995)

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense

Pippie Langkous is 75 jaar oud en maak ‘n welkome terug keer en dit nogal in ‘n omnibus wat 3 stories bevat nl. Pippie Langkous, Pippie Langkous gaan aan boord en Pippie Langkous in die Suidsee. Pippie hoort in elke huis en elke kind behoort van haar te weet.

Stories oor plekke en sy mense

Carol Burnett het ‘n klomp video’s op haar YouTube kanaal gelaai vir almal om te geniet in hierdie virus tydperk. So skop uit jou skoene, plak jou neer op die bank en lag uit jou maag uit. Lag is die beste medisyne. Geniet.

‘n Skuiling vir hawelose diere neem die mooiste foto’s van die diere en plaas dit dan op sosiale media sodat hulle aangeneem kan word. Oulike idee.

Nou toe nou. Slim mense het ‘n plan uitgedink om koei urien in die hande te kry vir navorsing. ‘n Toilet vir koeie. Dit staan as ‘n MooLoo bekend.

Roep,roep my storie is uit

Ek hoop julle het hierdie week se bydrae geniet. Mooi loop lesers en moenie die nuusbrief misloop nie. Tot volgende keer. Mooi loop.

Groetnis uit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: