Oorsig oor die jaar

0
(0)
Oorsig oor die jaar

‘n Oorsig oor die jaar wat verby is. Die goed en die sleg. Nuwe dinge en ou dinge met ‘n nuwe baadjie. Dinge om te onthou.

Sal ons ou vriende ooit vergeet

Die pandemie wat ons al twee jaar teister het van ons vriende en familie gevat. Sommer netso. Een van die groot geeste na aan my wat aan COVID gesterf het was my voormalige Bevelvoerder van die Suid Afrikaanse Polisie in Kimberley. Seker die beste Bevelvoerder waaronder ek ooit gewerk het. Hy is hospitaal toe met matige simptome en het ons heeltyd op hoogte gehou. Die aand voor sy ontslag het hy nog vir ons ‘n foto gewys waar hy sy tas pak om huis toe te gaan. Opgewonde om weer in sy tuin te werk en met sy kleinkinders te speel. Daardie aand het hy in sy slaap gesterf. ‘n Groot skok en so hartseer. Daar was ander ook.

Kinder vreugde

My kleinkinders is nou 6 en 5. Die oudtste ‘n seuntjie het Graad R voltooi en skielik groot geword. Ek het hom opgepas tot op 2 jaar. Nou is hy al hoe meer onafhanklik. Hy wil ‘n gereedskap man word sodat hy heeldag met hammers en spykers kan werk. Sy sussie gaan volgende jaar Graad R toe. Vir nou wil sy nog pop speel en op my skoot sit. Ses jaar gelede het ek nog gesukkel om aan die Ouma ding gewoond te raak. Nou is ek volwaardig Ouma met plooie en grys hare en lekker tuisgebakte koekies.

‘n Tuin in wording

Ek is nog maar ‘n beginner tuinier wat baie foute maak en nuwe dinge leer. Tuinmaak is ontspannend en help my om te ontspan. Tuin terapie noem ek dit. Dis so bevredigend om te sien hoe ‘n nuwe groen lewe sy verskyning maak met die wete dat ek hom in die lewe ingebring het. Hierdie jaar het my tuin begin rigting kry en is dit net te lekker om tyd in my tuin deur te bring en al die geure, kleure, vorms en groottes te aanskou. My tuin was altyd vaal en ‘n las. Nou is dit ‘n lushof.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading