Hello mense dis dag 1 van 2022

0
(0)
dag 1 van 2022

Hello mense dis dag 1 van 2022 en ek sit op my lang bank in die sitkamer met my metgesel Millie. My honde maat van 17 jaar. Na ‘n baie besige 2 weke is dit verfrissend om rustig te raak met stilte wat my omring. Glo my ek het die stilte nodig na al die bedrywighede. Kersfees is my gunsteling tyd van die jaar en ek verruil dit vir niks nie. Juis daarom brand my kers liggies steeds en is al my kers versierings en kersboom steeds die middelpunt van my huis.

My projekte

Soos julle teen hierdie tyd al weet is ek alewig besig met projekte. Ek kan net nie stil sit en stagneer nie. Wel.. my projek tot 7 Januarie is om bietjie te rus veral na al die harde werk in my huis en tuin en dit sluit koekies bak en kleinkinders in. Dis soos ‘n mini vakansie behalwe dat ek tuis bly en net die nodigste doen.

Dag 1 van 2022

Hierdie dag het ek gebruik om opname te neem van al die projekte wat ek in 2021 aangepak het, wat ek moet verander of klaar maak en waarby ek nie uitgekom het nie. Ek hou daarvan om doelwitte te stel en myself verantwoordelik te hou. Dus is deel van vandag se opname my 2 webtuistes nl. Amandaskrywer en Let’s make tea. Ek hou regdeur die jaar boek van elke ding wat ek met my webtuistes op die Internet doen en aan die einde van die jaar kyk ek waar ek kan verbeter of verander. Dan sluit ek die vorige jaar af en berei voor vir die huidige jaar. Alhoewel dit so 2-3 dae van my tyd in beslag neem, werk dit vir my om voorbereid die nuwe jaar te betree.

Nuwejaars voornemens

Alhoewel ek doelwitte stel, doen ek nie nuwejaars voornemens nie. Elkeen doen egter wat vir hom of haar werk. Wat van julle? Hoe gaan julle van die een jaar na die ander?

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading