My webblad se inhoud

webblad se inhoud

My webblad Amandaskrywer het ‘n ander voorkoms as ander bloggers en dit is te wyte aan die uitleg van my webblad se inhoud. Die meeste webblaaie is of staties wat bestaan uit ongeveer 5 bladsye wat weinig verandering toon terwyl die ander webblaaie die algemene blog vorm uitbeeld. Die nuutste artikel is op die voorblad met die ouer artikels ingedeel in kategorieë aan die kant van die webblad. Jy moet dan fisies op ‘n kategorie kliek om die verskillende artikels in daardie afdeling te sien.

Dit werk nie vir my nie

Ek hou van simplisiteit. Ek wil nie ure soek vir ‘n artikel terwyl ek nie weet wat die titel of kategorie is nie. In 2000 het ek my eerste webblad met html gemaak en jy kon al jou artikels onder mekaar op een bladsy lys. Ek wou dieselfde op hierdie webblad doen met WordPress.

Die proses

WordPress is maklik om mee te werk anders as die ou html wat tydrowend was. Die basiese wordpress het net die nodigste om ‘n basiese blog te begin. Jy kan egter gratis Plugins aflaai wat dan jou webblad meer opsies gee. Ek het die Plugin List category posts gebruik om my webblad in staat te stel om artikels te lys op ‘n bladsy. Die plugin is maklik om te gebruik en plooibaar.

Hoe maak mens?

  • Gaan na jou WordPress beheerpaneel
  • Kliek op Plugins
  • Kliek op Voeg nuwe by
  • Tik in List category posts
  • Laai af
  • Aktiveer
  • Plaas die shortcode op die bladsy waar jy die artikels wil lys

Iets so klein kan ‘n reuse verskil maak.

Doen wat vir jou werk. Jy is dalk ‘n groot aanhanger van die tradisionele blog webblad en as dit is waarvan jy hou dan is dit goed so. Vir my egter is die lysting manier beter en makliker leesbaar.

Jy is ook welkom om meer te lees van my Webblad se uitleg.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.