10 vrae voor jy emmigreer

10 vrae voor jy immigreer

10 vrae voor jy emmigreer en vir jou om oor na te dink. Emmigrasie is ‘n groot besluit wat nie net jouself raak nie maar ook die res van jou familie.

1. Het jy die voor en nadele neergeskryf en ordentlik oordink?

Emmigrasie is nie iets wat mens sommer net doen nie. Dis ‘n belangrike besluit wat jou en almal rondom jou se lewens raak. Daarom is dit belangrik om voor en nadele neer te skryf, met ander daaroor te gesels. Praat met mense wat reeds emmigreer het en ook diegene wat in jou land van herkoms bly en nie wil emmigreer nie. Dis belangrik om dit neer te skryf en dit weer en weer te lees vir ‘n goeie paar weke.

2. Is jy finansieël sterk genoeg en onafhanklik?

Daar was onlangs die geval van ‘n Suid Afrikaanse man wat na Amerika toe emmigreer het en daar beseer is en sy kanse om te herstel is bykans zero. Sy familie het hom gehelp met finansies na Amerika en nou het hulle nie meer geld om hom terug te bring nie. Jy het die reg om te emmigreer waarheen jy ook al wil. Dit is egter onbillik en selfs onmenslik om van ander te verwag om jou finansieël te dra.

3. Indien jou ouers sou siek word of sterf, sal jy kan terug keer?

Ongelukkig gaan emmigrasie nie net oor jou nie. Dit raak almal by wie jy betrokke is veral jou nabye familie en meer spesifiek jou ouers. Te dikwels lees ons in tydskrifte en koerante van ouers wat siek geword het of selfs gesterf het sonder dat hulle oorsese kinders by hulle kon kom. Hier kom finansies weereeens ter sprake. Is jy finansieël sterk genoeg?

4. Hoe dikwels beplan jy om familie te besoek?

Indien jy beplan en voorsiening daarvoor maak dat jy en jou gesin een keer ‘n jaar na Suid Afrika toe gaan kom dan is dit prysenswaardig. Daar is egter baie mense wie se kinders emmigreer en dan sien hulle daardie kinders vir 10 of 15 jaar nie weer nie. Dis wreed om aan veral jou ouers te doen. Finansies is weereens iets waarna indringend gekyk moet word.

5. Hoekom wil jy emmigreer?

Dit is die groot vraag wat jy jouself moet afvrae. Gaan dit oor beter werks moontlikhede, die misdaad situasie in die land of oordat jy voorheen bv. in ‘n land was en jy het gehou van die kultuur ens. Wees eerlik met jouself en skryf dit neer. Is dit ‘n impulsiewe besluit oor die Regering iets gedoen het waarvan jy nie hou nie of groepsdruk van ander?

6. Is jy fisies en geestelik gesond?

Dit mag dalk na ‘n simpel vraag klink. Dit is egter ‘n belangrike komponent van jou besluit om te emmigreer. Ons hoef net te kyk na die geval van die Dokter egpaar wat met hulle kinders emmigreer het en die Ma wat binne dae na hulle aankoms in hulle nuwe land haar kinders vermoor het. Geestesgesondheid is ‘n belangrike faktor. Emmigrasie is ‘n groot stress faktor en indien jy ongesond hier weggaan kan dit vererger in jou nuwe land. Daar is ook die geval van die Sjef wat vir jare in New Zealand gewoon het en verblyfreg gehad het. Nadat hy egter baie gewig aangesit het, het hy ‘n las vir die regering geword en is hy teruggestuur Suid Afrika toe.

7. Wat beplan jy om te doen indien jou nuwe land se politieke situasie sou verander?

Dit is onmoontlik mag jy dink. Glad nie. Die siviele onrus in Amerika nadat Donald Trump President geword het is ‘n goeie voorbeeld. Skielik mag die redes vir jou emmigrasie nie meer so goed klink nie. Wat as jy en jou gesin vasgevang word in siviele onrus in ‘n vreemde land? Moet dit nie net afmaak as onbenullig nie.

8. Beplan jy om in te skakel by die kultuur van jou nuwe land?

Hoekom is dit belangrik? Wel, dis ‘n goeie idee om vooraf alles omtrent jou nuwe land na te vors sodat jy nie geskok is ten teleurgesteld is nie. Jy gaan ‘n vreemdeling in hulle land wees en indien jy hulle kultuur afkraak gaan jy altyd ‘n vreemdeling bly.

9. Wat is die landswette en strafregstelsel van jou nuwe land?

Behoorlike navorsing en nie hoorsê nie kan jou red indien jy in jou nuwe land in die moeilikheid beland. Aspris of per ongeluk. Is die doodstraf ‘n instelling by hulle? Het Suid Afrika ‘n uitruilings ooreenkoms met die betrokke land?

10. Wie gaan na jou ouers omsien wanneer hulle nie meer kan nie?

Laaste maar nie die minste nie. Nou die dag was daar ‘n noodkreet in die koerant oor ‘n dogter wat smekend vra of mense nie asseblief na haar Ma wat siek is sal uitreik nie. Die dogter is ‘n enigste kind en bly oorsee terwyl haar Ma hier in ‘n ouetehuis is. Hoeveel kinders is julle en waar bly almal? Selfs al is jou ouers nog sterk en gesond wanneer jy oorsee gaan is dit steeds iets waaroor gepraat moet word voordat ‘n onverwagse krisis ‘n noodtoestand veroorsaak.

Deel jou mening rondom immigrasie vir die wat wil immigreer en diegene wat agterbly.

Bonus

Jak de Priester het ‘n liedjie oor immigrasie geskryf

Emigreer

LyricsTasse gepak vriende gegroet
Vir die honde en katte nuwe huise gesoek
Meubels verkoop of weggegee
Splinter nuwe karre vir die bank terug gegeeJare se spore net toe gevee
Alles gelos selfs die huis by die see
Ouma ons groet net ons sien jou nie weer
Want dis veiliger daar
Maar ons harte is seerWant ons wil weg kom van die crime
Weg kom van die angs
Na ‘n beter plek toe trek
Vir ons kinders nog ‘n kansOns wil wegkom van die moord
Weg vlug van die dood
Êrens moet daar vrede wees
Of ‘n plekkie waar ons behoortOns wil weg kom van die angs om te slaap in die nag
Weg kom van die kommer om te ry in die dag
Ons wil in vrede kan leef en ‘n goeie lewe lei
Ons wil nie meer langer
In ‘n donker Suid Afrika blyOns huisie is leeg die tuin lyk nog mooi
Oor weke van nou af is alles gedooi
Familie gegroet selfoon gestop
Ons kinders se lewens is omgedopMaar die visims is reg na jare se wag
Soveel geld is betaal en toe kom die dag
Ons lewe is in ‘n tas ons harte is in glas
Ons stemme raak stil
Ons emigreer want ons wilOns wil weg kom van die crime
Weg kom van die angs
Na ‘n beter plek toe trek
Vir ons kinders nog ‘n kansOns wil wegkom van die moord
Weg vlug van die dood
Êrens moet daar vrede wees
Of ‘n plekkie waar ons behoortOns wil weg kom van die angs om te slaap in die nag
Weg kom van die kommer om te ry in die dag
Ons wil in vrede kan leef en ‘n goeie lewe lei
Ons wil nie meer langer
In ‘n donker Suid Afrika blySo ons tas is gepak die visims is reg
Môre as ons opstyg
Dan is ons wegSource: LyricFindEmigreer lyrics © O/B/O Capasso

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.