My Engelse webblad

0
(0)
my engelse webblad let's make tea

Ek is al van 2000 af op die Internet doenig. Aanvanklik het ek besluit om Mnet op te gee sodat ek die Internet kon bekostig. Wel, na 19 jaar is die Internet steeds my gunsteling. Ek was deur die jare by verskeie webblaaie betrokke en so ‘n klompie mense ontmoet. Dus was dit eintlik natuurlik om my eie webblad te begin. My Engelse webblad Let’s make tea het uiteindellik die lig gesien op 1 September 2019.

Let’s make tea

Verskeie mense het my gevra waar die naam vandaan kom. Tee bring mense by mekaar uit en verskeie vredes onderhandelinge is al oor ‘n koppie tee beslis en dis waar die naam vandaan kom. Tee + mense+ vrede+liefde = Hoop en hoop is ‘n wonderlike vooruitsig.

Waarom in Engels

Soos vantevore genoem is ek reeds van 2000 af aktief op die Internet betrokke en wou ek nie mense uitsluit van enige webblad wat ek bedryf nie. Die voertaal op die Internet is baie Engels en daarom het ek besluit om my eerste volwaardige webblad in Engels te begin om sodoende my oorsese lesers te akkommodeer.

Afrikaans is my hartstaal

Aanvanklik het ek my webblad tweetalig gemaak maar dit het verwarring gebring onder beide my Afrikaanse en Engelse lesers en my Afrikaanse artikels het meer en meer geword. Verskeie Afrikaanse mense het meer gemaklik gevoel met ‘n Afrikaanse webblad. Ek het toe besluit om ‘n tweede webblad te begin en het toe Let’s make tea uitsluitlik Engels gemaak en my Afrikaanse ene Amanda genoem. Dis heerlik om ook in Afrikaans te skryf

Geniet albei

Elke webblad het sy eie artikels en word weekliks bygewerk. Ek probeer sover moontlik albei webblaaie se inhoud uniek hou, dus dubbele leesgenot! Geniet my Engelse asook my Afrikaanse webblad en laat weet my waarvan jy hou en wat jy graag wil hê ek oor moet skryf.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading