Moet kinders toegelaat word om uit te slaap?

0
(0)

Moet kinders toegelaat word om uit te slaap? Dis tog algemeen aanvaarbaar dat kinders by maats gaan oorslaap so wat is die probleem?

Die Internet  is vol positiewe artikels oor presies hierdie onderwerp. Daar is egter ook die artikels wat maan daarteen om elke kind individueel te evalueer. Vir meeste kinders is dit ’n avontuur by ’n maat oor te slaap en meeste ouers is verantwoordelik.

Daar is egter dinge waarna die ouers moet oplet voordat die kind toegelaat word om uit te slaap

Het die ouers dieselfde waarde sisteem as julle?
Hoe goed ken julle die ander ouers?
Is julle kind maklik vatbaar vir dinge soos dwelms en drank?

My Ondervinding

Ek was ’n Sondagskool Juffrou vir 20 jaar en ek het baie dinge gesien met Sondagskool kampe. Ingesmokkelde drank, selfs dwelms en voorbehoedmiddels. Die kinders  wat ons hiermee betrap het, was diegene waarvan ons dit die minste verwag het. Goeie ouers met kinders wat die grense getoets het en dit onder kerk toesig. Die Jeugwerker sou dan onmiddellik optree en die skuldige kinders terugneem huis toe.

My eie kinders het vir my dinge vertel wat my hare laat rys het. ’n Pa wat dronk bestuur het. Ouers wat pornografie gekyk het in die sitkamer terwyl die kinders bordspeletjies speel. Ek het my kinders net toegelaat om uit te slaap indien ek die ouers ontmoet het en redelik leer ken het en selfs dit was nie perfek nie. Een keer het my 10 jarige meisiekind my gebel en meegedeel dat die maat se ouers hulle in die huis toegesluit het en vir die naweek weggegaan het.

Ek het dadelik in my motor geklim en my kind gaan haal. Dit was ’n Ma wat saam met my by die skool gehelp het dus was sy nie heeltemal ’n vreemdeling nie.

My Opinie

Ek het tot die slotsom gekom dat uitslaap net in uitsonderlike gevalle toegelaat moet word. Jy as ouer kan nie net aanneem dat ander ouers soos jy dink nie. Nie alle ouers is verantwoordelik nie

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading