Historiese reparasies

0
(0)

Historiese reparasies. So wie kry dit? Regoor die wereld skree die mense vir reparasies vir historiese onregte gepleeg honderde jare gelede.

In die jare wat die Britse Ryk deur die wêreld geblits het, is daar vele onregte gepleeg. Slawerny, besetting, Fisiese gebuite goedere en die lys gaan aan. So ook die sogenaamde wit bevoorregting.

Dis nie net Brittanje nie, dis elke land in die wêreld. Betaal! Betaal! Betaal! Vir wie?

Afstammelinge van die slagoffers eis hulle pondjie vleis. Koning Charles moet Buckingham Paleis prys gee, die Amerikaners moet die Indiana vergoed en so meer. Behalwe geldelike vergoeding eis die mense ook verskonings – in die publiek. Verskonings is maklik om te maak. Die vraag is egter waarom mense moet verskoning vra vir dinge wat eeue gelede gebeur het en waarmee die huidige geslag niks mee te doen gehad het nie.

Jammer, is die maklike deel. In wie se bankrekening moet die verskoning geld inbetaal word?

Dis maklik om te sê geldelike vergoeding moet betaal word. Dit is egter nie duidelik hoe die geld gebruik en bestuur gaan word nie. Wat van 100 jaar van nou af? Moet die bevoorregtes dan weer verskoning vra en betaal? Hoe gaan dit werk? Daar was ook swart slaaf base en wit slawe – gaan hulle ook vergoed word?

Gebuite items tydens oorlog

In Suid-Afrika het ons items van die Engelse gebuit tydens die Anglo-Boereoorlog. So ook het die Engelse items gebuit van Suid-Afrikaners en dit teruggeneem Brittanje toe. Dieselfde met oorloë in ander lande. Dit bring ons by die gebeendere van die gevalle soldate. In die Irene konsentrasiekamp begraafplaas rus 2 gevalle Engelse soldate. Moet hulle nou opgegrawe word en teruggestuur word Brittanje toe? Dan sal ons moet aandring op die oorskot van die Boere soldaat Gideon Scheepers wat na Brittanje geneem is saam met sy wapens.

My opinie

Die hele spulletjie is vir my belaglik en onprakties. Daar is verseker onregte gepleeg in die verre verlede. Ons kan daaroor saamstem en onderneem om dinge beter te hanteer vorentoe. Dis al. Punt.

Artikels oor reparasies

Studente gee hulle opinie oor reparasies
Reparasies vir slawerny

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading